Su00f3 maak Shoprite nu00e1 amper 500 rooftogte u2019n jaar
Su00f3 maak Shoprite nu00e1 amper 500 rooftogte u2019n jaar

Só maak Shoprite ná amper 500 rooftogte ’n jaar

Die beheersentrum gebruik ’n uitgebreide intelligensienetwerk om regstreeks inligting te ontvang tydens stakings, betogings en ander voorvalle.
Nellie Brand-Jonker - Die Shoprite-groep het ’n teenmisdaadspan op die been gebring en belê groot in gesofistikeerde veiligheidstelsels nadat amper 500 gewapende rooftogte en inbrake in die afgelope jaar by sy winkels plaasgevind het.

Die groep het gesê die belegging in misdaadvoorkoming, insluitend ’n sentrale beheersentrum en die teenmisdaadspan, help om winkels en voertuie te monitor, voorvalle op te volg en te verseker dat verdagtes in hegtenis geneem word.

Die beheersentrum gebruik ’n uitgebreide intelligensienetwerk om regstreeks inligting te ontvang tydens stakings, betogings en ander voorvalle.

“Die inligting sal gebruik word om te reageer en die nodige stappe te doen om die groep se vloot op die pad en personeel en klante in die winkels te beskerm,” het Oswald Meiring, die groep se bestuurder van veiligheid, luidens ’n verklaring gesê.

Meiring sê die plan het reeds vrugte afgewerp omdat meer vervolgings plaasgevind het.

Die groep het 489 gewapende rooftogte en inbrake in sy pas afgelope boekjaar gehad. Dit is 'n sprong van 19 van die vorige jaar af.

Volgens hom gaan Shoprite “sy bes doen om seker te maak hy is ’n moeiliker teiken”.

Hy sê inhegtenisneming het met 200% gestyg danksy die groep se beter vermoë om oortreders te identifiseer, op te spoor en in hegtenis te laat neem.

Die groep het byvoorbeeld onlangs bystand verleen met die inhegtenisneming van twee verdagtes nadat die bestuurder van sy winkel op Worcester in ’n rooftog doodgeskiet is. Nog ’n verdagte is geïdentifiseer en gaan waarskynlik binnekort in hegtenis geneem word.

Die groep werk saam met die polisie en die nasionale vervolgingsgesag soos om intelligensie met hulle te deel om seker te maak borg word suksesvol teengestaan en dat die misdadigers suksesvol vervolg word.

Benewens opsporingstoestelle het die groep kameras en elektroniese slotte op sy vragmotors aangebring wat van die beheersentrum af beheer kan word.

Die vragmotors kan op ’n afstand geopen en gesluit word en ’n alarm gaan af as die vragmotors vir ’n sekere tyd stilstaan of ongewone gedrag bespeur word oor hoe die vragmotor bestuur word.

Volgens hom het geen kapings van die voertuie plaasgevind sedert die toestelle aangebring is nie.

Bo en behalwe al dié maatstawwe het die Shoprite-groep ook ’n ondersoekspan in diens geneem wat uit ervare ondersoekers bestaan. Dit sluit in deskundiges wat die inligting oor die vorige voorvalle ontleed en voorspellings maak oor op watter winkels of areas daar volgende gefokus gaan word.

Die groep het ook ’n prokureur aangestel wat ’n kundige in strafsake is om te help met die suksesvolle vervolging van misdadigers. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!