Su00ea oor entstof
Su00ea oor entstof

Sê oor entstof

Ronelle Rademeyer
Die regering se stryd teen die Covid-19-pandemie behoort in hierdie stadium op twee sleutelaspekte te fokus. Dit is naamlik hoe vinnig en logisties doeltreffend entstof bekom en toegedien kan word, en tweedens watter bykomende maatreëls nodig is om die kurwe in die tussentyd af te plat en die druk op die gesondheidstelsel te verlig.

Die huidige regulasies verstryk om middernag op 13 Januarie. Dit beteken pres. Hage Geingob of die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, behoort op die laatste Woensdag ’n aankondiging oor die pad vorentoe te maak.

Wat Namibiërs in hierdie stadium wil weet, is wanneer word die eerste entstowwe in die land verwag. Tweedens wil ons van die nasionale entstoftaakspan weet of die logistieke plan vir die ontvangs, berging, verspreiding en toediening van die entstof waterdig is.

Vooraf bewusmaking en die deel van wetenskaplike inligting oor die entstowwe wat gebruik gaan word, is ewe belangrik.

Van die Westerse entstowwe (Pfizer-BioNtech en Moderna) is geskoei op nuwe tegnologie wat die boodskapper-ribonukleïensuur (bRNS) -molekules gebruik om vir selle te “vertel” watter proteïene dit moet maak. Die liggaam se immuunstelsel reageer dan op die “vals” proteïenselle en wanneer ’n regte infeksie toeslaan, kan die liggaam dit beveg.

Die Chinees-vervaardigde entstowwe gebruik dooie virale deeltjies om die liggaam se immuunstelsel aan die virus bloot te stel.

’n Magdom vals inligting en allerlei samesweringsteorieë in die sosiale media jaag tans by mense spoke op oor die gevare daarvan om teen Covid-19 ingeënt te word.

Namibië en die wêreld kan nie bekostig dat fopnuus inentingsprogramme in die wiele ry nie.



SO SÊ ANDER

Rapport 10 Januarie 2021

ANC gaan slae kry, maar sal oorleef

Op papier behoort die ANC vanjaar in duie te stort.

Die langsame, moeisame maar onverbiddelike geveg teen korrupsie is besig om dié bevrydingsparty uitmekaar te skeur. Die dreigende skorsing van Ace Magashule, wat lyk of dit onafwendbaar geword het, gaan ’n tektoniese verskuiwing vir die ANC wees.

Dis onwaarskynlik dat dit soos oudpres. Jacob Zuma se afdanking in 2005 tot ’n tweestryd gaan lei waarin Magashule terugkeer en dalk selfs die mag in die ANC oorneem soos wat Zuma in Desember 2007 gedoen het.

Nee, sy skorsing gaan ’n presedent skep.

Die volgende traumatiese gebeurtenis wat in 2021 op die ANC wag, is die verslag van die Zondo-kommissie na staatskaping. Dit gaan in wese ’n omvattende, gedetailleerde verslag van ekonomiese hoogverraad wees met plekke, bedrae en met name – veral name. Daar is honderde, dalk duisende Magashule’s in die ANC wat kandidate is vir “opsy staan” of skorsing.

Daar is honderde, dalk duisende Magashules in die ANC wat kandidate is vir opsy staan of skorsing.

Dis nie duidelik hoe die ANC die verslag gaan verwerk nie, maar een ding is seker: Dit gaan die party se steun by die stembus nog verder knou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!