Su00f3 su00ea ANC oor internasionale sake
Su00f3 su00ea ANC oor internasionale sake

Só sê ANC oor internasionale sake

Philda Essop

Die ANC het sy kommer uitgespreek oor die ekonomiese uitdagings waarmee Zimbabwe te kampe het en die regstreekse impak daarvan op die land en sy buurstate.

“Ons glo dat Zimbabwe se stabiliteit onmisbaar is vir sy ekonomiese ontwikkeling en die voorspoed van al sy mense.”

Dit blyk uit ’n ANC-verklaring wat Sondag uitgereik is ná die party se weeklikse mediakonferensie oor sy verkiesingsmanifes by Luthuli-huis in Johannesburg. Die fokus daarvan vandeesweek is op internasionale betrekkinge.

Die party is daartoe verbind om by te dra tot ’n kollektiewe benadering om Zimbabwe se polities- ekonomiese omstandighede op te los en die party het alle politieke partye en rolspelers aangemoedig om aktief deel te neem aan die land se prosesse wat oplossing-gedrewe is.

Die party het ’n beroep op die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), die sakegemeenskap op die vasteland en internasionaal en ander rolspelers gedoen om “positief by te dra” tot die pogings van die Zimbabwiese regering.

“Suid-Afrika is binne perke, en wanneer uitgenooi, daartoe verbind om Zimbabwe te help om aandag aan sy politieke en ekonomiese uitdagings te gee.”

SITUASIE IN LIBIë

Oor die ontvouende situasie in Libië het die ANC gesê die party en Suid-Afrika staan “by sy broers en susters” in dié land. “. . . ons volg die situasie ten nouste en wil dit kategories stel dat Afrika-kwessies deur Afrika hanteer moet word sonder buitelandse inmenging van ander vastelande.”

Wat die voortslepende Brexit-sage betref, het die ANC die hoop uitgespreek dat ’n oplossing bereik sal word.

“As die ANC-geleide regering sal ons verseker dat ons stabiele ekonomiese bande met alle lande vooropstel – bilateraal en deur middel van verskeie multilaterale platforms.”

Die party het ten opsigte van Venezuela die ekonomiese sanksies en finansiële embargo’s veroordeel wat volgens hom teen die wense en aspirasies van die meerderheid van die mense van dié land ingestel is.

“Ons sal voortgaan om ’n beroep op die internasionale gemeenskap en progressiewe burgers van die wêreld te doen om die mense van Venezuela te verdedig teen die eensydige instelling van ekonomiese sanksies en die disrespek van die territoriale integriteit en soewereiniteit van die Republiek van Venezuela.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!