Só sif Allister sy 28 vir toer uit
Johan Deysel is terug as kaptein vir die toetse teen Kenia en die wenner van óf Zimbabwe óf Brasilië.
Andrew Poolman – Allister Coetzee was bereid om waagstukke aan te gaan met agt onbeproefde nuwelinge in sy toergroep wat die naweek na Stellenbosch vertrek.
Vir die Namibiese rugbyspan en sy betreklik nuwe afrigter is die komende sowat drie weke 'n deurslaggewende beginpunt van die veldtog om vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk te kwalifiseer.
Die groep versamel komende Sondag in die Wes-Kaap om afgesien van die beskikbare oefendae ook twee toetse op 14 en 20 November te speel.
Namibië (25ste op die wêreldranglys) kom die Sondag eerste teen sy aartsmededinger Kenia (35ste) te staan, terwyl Zimbabwe (27ste) en Brasilië (27ste) teen mekaar opgeweeg word.
Ses dae later speel die onderskeie verloorders en wenners teen mekaar.
Die toergroep van 28 spelers sluit agt nuwelinge in wat nog geen toetsrugby gespeel het nie.
Die senter Danco Burger, tevore van Elnatan Privaatskool, Namibië o.20 en Shimlas wat nou in Pole klubrugby speel, is die enigste van die nuwelinge wat nie uit plaaslike klubrugby afkomstig is nie.
Drie van die groentjies is die stutte Gerhard Opperman, Chemigan Beukes en Herschell van Wyk; Frikkie Engelbrecht, wat haker in vanjaar se gekanselleerde o.20-toer na Kenia sou wees; asook skrumskakel Jacques Theron. Afgesien van die 19-jarige Engelbrecht het die ander almal in vorige jare se nasionale o.20-spanne gespeel.
Rehoboth se vleuel Jayden Bussel, wat net 70 kg weeg, en Unam se heelagter Lorenzo Louis is ook van die nuwe name wie se deurbraak nie noodwendig deur volgers van Namibiese rugby verwag sou word nie.
Die senter Johan Deysel maak sy terugkeer as die toerleier, nadat hy die land se 2019 Wêreldbekerkaptein was, maar in Juliemaand die kwalifiserende Wêreldbekertoernooi in die Ivoorkus misgeloop het.
Die ruwe agtsteman Renaldo Bothma is ook weer opgeroep om moontlik sy internasionale loopbaan te hervat, nadat hy in November 2018 se nederlaag teen Spanje in Madrid die laaste van sy 17 toetse gespeel het. Die 32-jarige Bothma is deesdae weer aktief en gekontrakteer by die Tel Aviv Heat wat in die Europese Superbeker meeding.
Die toergroep (aantal toetse aangedui):
STUTTE: Gerhard Opperman (United, 0), Jason Benade (United, 4), Aranos Coetzee (Cheetahs, 24), Chemigan Beukes (Western Suburbs, 0), Herschell van Wyk (Wanderers, 0).
HAKERS: Obert Nortjé (Seattle Seawolves / Wanderers, 19), Frikkie Engelbrecht (Grootfontein, 0), Louis van der Westhuizen (Cheetahs, 21).
SLOTTE: Max Katjijeko (Ampo Ordizia, Spanje, 17), Johan Retief (Luiperds, 12), Johan Luttig (Grootfontein, 1), PJ van Lill (Valence Romans, Frankryk, 53).
LOSVOORSPELERS: Wian Conradie (Gloucester, 19), Janco Venter (Saracens, 28), Adrian Booysen (Houston Saber Cats, 9), Renaldo Bothma (Tel Aviv Heat, 17).
SKRUMSKAKELS: Damian Stevens (Strela Kazan, Rusland, 27), Helarius Kisting (Baia Mare, Roemenië, 13), Jacques Theron (Wanderers, 0).
LOSSKAKELS: Cliven Loubser (Utah Warriors / Wanderers, 17), Henrique Olivier (Rehoboth, 1).
SENTERS: Johan Deysel (kaptein, Colomiers, 26), JC Greyling (Wanderers, 35), Danco Burger (Shimlas / RC Orkan Sochaczew, Pole, 0).
VLEUELS EN HEELAGTERS: Lorenzo Louis (Unam, 0), Oderich Mouton (Unam, 3), Jayden Bussel (Rehoboth, 0), Johann Tromp (Strela Kazan, Rusland, 45).
KORTLYS
Op die amptelike kortlys is Jano Otto (stut van United); Gerhard Thirion (haker van United); Ruan Ludick (slot van Pamiers, Frankryk); die losvoorspelers Dhale Cloete (Western Suburbs), Thomasau Forbes (Wanderers) en Cameron Langenhoven (Unam); die Unam-skrumskakel JC Winkler; losskakels Delron Brandt (Unam) en PW Steenkamp (RC Orkan Sochaczew, Pole); senters Ethan Beukes (Wanderers) en Alcino Izaacs (Unam); asook die Suburbs-duo Ricardo Swartz (heelagter) en Gino Wilson (vleuel).
ONBESKIKBAAR
'n Kykie na die krukkelys toon aan dat Coetzee vir hierdie toer sonder die 2019 Wêreldbeker-loskopstutte Des Sethie en André Rademeyer moet klaarkom, wat beide met rehabilitasie besig is.
Nelius Theron van die Pukke, wat vaskop óf loskop kan druk, is ook onbeskikbaar, net soos die ervare Torsten van Jaarsveld (Bayonne, haker) en Tjiuee Uanivi (Montauban, slot).
Die flank Prince !Gaoseb is tans terug in Windhoek terwyl hy herstel van 'n gebreekte duim wat hy by die Tel Aviv Heat opgedoen het. !Gaoseb sê hy keer einde vandeesmaand terug Israel toe, maar sal die Stellenbosch-toer vanweë sy besering misloop.
Die vleuel Lesley Klim (Jersey Reds) is ook met rehabilitasie van 'n beenbesering besig.
Chad Plato (vleuel van Unam) en Justin Newman (senter van Kudus) is op grond van oefenbywoning uit die nasionale groep weggelaat en na hul klubs teruggestuur, waar hulle met tye stewige vertonings gelewer het, maar nie vir hierdie toer in die prentjie was nie.
SOEKNET IN RSA
Op die lys is ook drie spelers aangedui dat in Suid-Afrika gekontrakteer is en wat op Coetzee se radar verskyn, hoewel hulle nie vandeesmaand beskikbaar was nie. Die hemelbesemslot Tiaan de Klerk is by die o.20 Blou Bulle gekontrakteer en sou vanjaar ook vir Namibië o.20 gespeel het, maar hy is tans beseer.
Agterlangs is die name van die senters Jay Cee Nel (rehabilitasie) en Michal Haznar (onbeskikbaar) ook genoem. Die 27-jarige Haznar, gebore in Windhoek, het tevore by die Maties, WP en Griekwas bekend geraak, terwyl Nel tevore by die Bulle was en vanjaar by Griekwas speel.
“Ons het 'n goeie kortlys en alle spelers weet dat ons in 2022 (die beslissende jaar vir Wêreldbeker-kwalifisering) op 'n nuwe bladsy begin. Vir geen speler is die deur nog toegeklap nie,” sê mnr. James Camm, die NRU se hoëprestasiebestuurder en missiehoof vir die toer.
FOTO’s
Danco Burger, senter van Elnatan, Namibië o.20 en Shimlas.
Jayden Bussel, vleuel van Rehoboth, word platgetrek tydens die nasionale proewe vroeër vanjaar. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie