Só steun PnP, Shoprite kleinsake
Die winkelreuse integreer jare lank al produkte van klein vervaardigers, maar voel baie meer moet nog gedoen word.
William Horne
Plaaslike kleinhandelaars het dié week nuwe maniere bekend gestel om vir plaaslike entrepreneurs 'n voet in die deur te gee.
Pick n Pay het onlangs rakke spesifiek vir “Local is Lekker”-produkte opsy gesit en Maandag het die kleinhandelaar sy nuwe “Meet the Maker”-veldtog in Brackenfell, Kaapstad, bekend gestel.
Op die bekendstelling het Suzanne Ackerman-Berman, Pick n Pay se direkteur van transformasie, gesê die winkelreus integreer al jare lank produkte van klein vervaardigers, maar baie meer moet nog gedoen word.
Adrian Naudé, groephoof: hipermarkte, verduidelik dat hulle regstreeks hul ondersteuning binne in winkels met hul nuwe veldtog wou verbeter.
“Wanneer klante in 'n winkelgang is, word hul met 'n oormaat opsies gekonfronteer. Ons wil dit makliker maak vir klante om plaaslike kleinhandelsmerke te ondersteun.
SKEP WERK
“Ons wil hê ons klante moet weet deur een van dié produkte te koop, ondersteun hulle nie net klein besighede nie, maar hulle help ook om werk te skep en plaaslike gemeenskappe op te hef.”
Een van die klein ondernemings wat aan Pick n Pay se uitstalling deelneem, is 'n pa-en-seun-onderneming van Patrick en Emile Langeveldt wat Greenworld Chemical Services and Supplies besit.
Langeveldt verskaf eienaam-vuuraanstekers, wat ook nou die winkel se gewildste vuuraanstekers is.
VELDTOG
“Die veldtog sal bewustheid van klein verskaffers regtig stimuleer, en bevorder ook die idee dat klein verskaffers gehalteprodukte kan lewer,” sê Langeveldt.
Shoprite het ook Maandag 'n meer gefokusde benadering tot die bevordering van plaaslike vervaardigers aangekondig.
Dié supermark-groep het 'n multi-miljoenrandkontrak aan Verigreen, 'n plaaslike vervaardiger van plastiek en ander produkte vir huishoudelike gebruik, toegeken.
Meer as 360 ton plastiek word jaarliks as herwinbare onverwerkte materiaal deur 'n reeks sogenaamde “Supa Mamas” aan Verigreen in KwaZulu-Natal verskaf.
Dié vennootskap skep nie net werk nie, maar dra ook beduidend by tot die vermindering van herwinbare rommel wat sonder hul intervensie op 'n ashoop sou beland het, sê die medestigter van Verigreen, Thina Maziya.
GESAMENTLIKE POGING
“Dit is van kardinale belang dat kleinhandelaars 'n gesamentlike poging aanwend om nie net goedere van gevestigde verskaffers te verkry nie, maar ook om betrokke te raak by die ontwikkeling van klein en mediumgrootte ondernemings, aangesien dit tot werkskepping en ekonomiese groei bydra,” sê Maziya.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie