Só vergelyk SA pryse van duurste slimfone
Petrus Malherbe – Teen hierdie tyd is dit al ou nuus dat die nuwe iPhone jou ’n plaas se prys gaan kos.
Die goedkoopste nuwe iPhone, die Xs met 64 gigagrepe se stoorspasie, kos R21 999, terwyl die duurste weergawe, die Xs Max met 512 gigagrepe se stoorspasie, se prys noord van R30 000 draai.
Die jongste iPhones word allerweë beskou as die beste slimfone wat al vervaardig is, en die eerste resensies getuig reeds daarvan.
Die Xs Max is deels so duur omdat die skerm so groot is. Dit is verreweg die grootste iPhone met ’n skerm van 16,5 cm; beduidend groter as die reeds massiewe iPhone 8 Plus (14 cm) en die Samsung Galaxy Note 9 (16,2 cm).
Die nuwe iPhones se skerms maak ook van duur OLED-tegnologie gebruik.
Samsung gebruik dieselfde tegnologie in die Note 9, en tog is dit minstens R3 000 goedkoper as die “goedkoopste” iPhone Xs.
Dit is die iPhone se nuwe bioniese A12-skyfie wat die deurslag gee (en waarskynlik ook die prys so opstoot). Dié skyfie is, volgens Apple, die “beste een in ’n slimfoon” en kan tot 5 000 miljard berekeninge per sekonde doen. Dit is 50% vinniger as die iPhone X se A11-skyfie.
Apple vervaardig sy slimfone in China, wat beteken die pryse sal geraak word deur Amerika en China se wedersydse invoertariewe van tot 25%.
Die rand-dollar-wisselkoers het ook ’n wesenlike impak op die plaaslike prys van Apple-produkte.
· Cat se nuwe S61, wat spog met ’n ingeboude termiese kamera wat deur mure kan “sien” kos ook ’n stewige R21 999 as jy dit kontant koop.
· Huawei se P20 Pro, wat vroeër vanjaar uitgereik is, kos meer as R17 000, terwyl die nuwe BlackBerry Key2 R11 999 kos.
· Die gemiddelde prys van spoggerige slimfone in Suid-Afrika beloop R16 665, gegrond op 12 van die duurste modelle wat beskikbaar is. Al dié fone kos meer as R11 000 stuk. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie