Su00f3 wil Cyril sy kabinet laat lyk
Su00f3 wil Cyril sy kabinet laat lyk

Só wil Cyril sy kabinet laat lyk

Omstrede ministers het nie die Suid-Afrikaanse president se lys gehaal nie.
Jan de Lange - ’n Lys van ’n soort droomkabinet vir pres. Cyril Ramaphosa, wat die afgelope week op sosiale media die ronde gedoen het, kom wel uit die president se kantoor, het ’n bron na aan die ANC se topstruktuur Saterdag aan Rapport gesê.

Die mees omstrede ministers wat al van staatskaping beskuldig is, het nie dié lys gehaal nie. David Mabuza, huidige adjunkpresident oor wie se premierskap van Mpumalanga daar nog ernstige vrae is, is ook nie op die lys nie. In sy plek word Nkosazana Dlamini-Zuma adjunk-president. Hoewel Dlamini-Zuma in die ANC se leierstryd oud-pres. Jacob Zuma se voorkeurkandidaat was, word sy in die algemeen as nie-korrup beskou. Toe sy oor die lys gevra is, het sy bloot gesê sy sal doen wat sy ook al gevra word om te doen.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, wat by die Zondo-kommissie daarvan beskuldig is dat hy voordeel getrek het uit die omstrede Bosasa, is uitgelaat.

Rapport se bron, wat na aan die party se top-ses is, sê Ramaphosa het die lys vir die partyleiers gestuur om te dien as die grondslag vir ’n bespreking môre by die party se nasionale werkkomitee. “Dis ’n voorlopige lys en kan verander.”

Naas Ramaphosa as president en Dlamini-Zuma as adjunkpresident, lyk die voorstelle so:

* Dr. David Masondo word voorgestel as minister van regeringsbeplanning. Masondo is uitvoerende hoof van die motorbedryf-ontwikkelingsentrum in Pretoria, maar het in Desember ’n NUK-lid van die ANC geword.

* Thabang Makwetla, huidige adjunkminister van justisie en korrektiewe dienste, as minister van verdediging en veiligheidsdienste.

* Ronald Lamola, voormalige president van die jeugliga, as minister van justisie en rehabilitasie.

* Barbara Creecy, Gautengse LUR vir finansies, vervang Tito Mboweni as minister van finansies.

* Baleka Mbete, wat speaker van die parlement was, kan minister van maatskaplike ontwikkeling en van arbeid word.

* Dr. Sibongiseni Maxwell Dhlomo, LUR vir gesondheidsdienste in KwaZulu-Natal, word minister van gesondheid.

* Senzo Mchunu, voormalige premier van KwaZulu-Natal en ’n vertroueling van Ramaphosa, word voorgestel as minister van openbare ondernemings.

* Ebrahim Patel, huidige minister van ekonomiese ontwikkeling, kan minister van ekonomiese volhoubaarheid word.

* Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van wetenskap en tegnologie, as minister van hoër onderwys en tegnologiese ontwikkeling.

* Angie Motshekga, huidige minister van hoër onderwys, as minister van basiese onderwys.

* Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge, word voorgestel as minister van polisie.

* Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC se koukus, as minister van kommunikasie.

* Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsveiligheid, as minister van landbou en voedselsekerheid.

* Jeff Radebe, minister van energie, bly in dié portefeulje maar kry ook Mantashe se portefeulje van minerale bronne by.

* Dr. Aaron Motsoaledi, gesondheid-minister, skuif na koöperatiewe regering en tradisionele sake.

* Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, skuif na internasionale betrekkinge. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 29° Rundu: 20° | 27° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 21° | 29° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 22° | 29° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 20° | 29° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 19° | 23° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!