Só word jou TV, yskas gemaak

Op die perseel in Atlantis, naby Kaapstad, word 1 200 yskaste per dag sowel as 1 700 televisies vervaardig.
Petrus Malherbe



Sowat 40 km noord van Kaapstad tussen die sandduine van Atlantis is een van Hisense se grootste fabrieke in Afrika.

Dié reusefabriek van 100 000 m2 bied werk aan 'n miernes van 500 werknemers wat elke dag duisende yskaste en televisies van verskillende groottes vervaardig.

Hisense, 'n Chinese maatskappy wat in 1969 in die stad Qingdao begin het om tweerigtingradio's te vervaardig, het deesdae fabrieke wêreldwyd, waaronder in Hongarye, Algerië, Mexiko en ook Suid-Afrika.

Buiten die fabriek in Atlantis is daar 'n soortgelyke aanleg in Johannesburg waar wasmasjiene en mikrogolfoonde vir die Afrikamark vervaardig word.

Op die perseel in Atlantis vervaardig sy personeel 1 200 yskaste per dag sowel as 1 700 televisies. Die maat­skappy hoop om dié produksiesyfers teen die einde van die jaar met nog 40% te vermeerder.

Toe die fabriek in Junie 2013 geopen het, is sowat 350 yskaste per dag vervaardig.

Afgesien van die sowat 500 permanente werknemers bied die Hisense-fabriek ook werk aan tot 3 000 mense uit die gemeenskap tydens besige tye van die jaar, byvoorbeeld rondom Swart Vrydag, wanneer ekstra hande benodig word om soveel voorraad as moontlik uit die fabriek te druk. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!