• Tuisblad
  • Sake
  • SA aandele val skerpste sedert 2008 oor virus
SA aandele val skerpste sedert 2008 oor virus
SA aandele val skerpste sedert 2008 oor virus

SA aandele val skerpste sedert 2008 oor virus

Nellie Brand-Jonker - Die indeks van alle aandele van die JSE het Maandag skerp met 4,2% of 2454 punte geval.

Casparus Treurnicht, portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuur, sê dit lyk of dit die grootste daling in die afgelope tien jaar is.

“Die laaste keer wat ons só ’n mark ervaar het, was in 2008,” sê hy met verwysing na die val in aandelemarkte met die internasionale finansiële krisis.

Die laaste keer wat die indeks van alle aandele meer as 4% laer gesluit het, was Desember 2008, toon syfers wat hy verskaf het.

Die indeks het Maandagmiddag op 54 881 indekspunte gestaan, met 60 maatskappye wat ’n nuwe jaarlaagtepunt bereik het. Dit sluit in The Foschini Group, Tiger Brands, Distell, Standard Bank, Old Mutual, Nedbank, Santam, Adcock Ingram, Pepkor, Telkom, Shoprite, Absa en Sanlam.

Die indeks vir die top-40-aandele is ook gelooi en het met 4,4% of 2 299 punte geval het tot 49 282.

Dit stem ooreen met die val wat oorsee gesien is weens die hernude kommer oor die verspreiding van die koronavirus.

“Die virus is besig om sy merk te maak op ekonome se vooruitskattings, en die syfers word afwaarts aangepas.”

The New York Times berig Amerikaanse markte gaan na verwagting vandeesweek ook skerp laer begin.

Markte in Europa is skerp laer nadat meer infeksies buite China die naweek aangemeld is, veral in Italië en Suid-Korea.

Termynmarkte het aangedui Wall Street gaan met meer as 2% daal.

In Suid-Korea het die aandelemark 3,9% laer gesluit.

In Europa is die meeste indekse meer as 3% laer.

Die JSE se mynbou-indeks het met 5,7% laer gesluit.

Die plaaslike indeks van die top-25-nywerheidsaandele is 3,8% laer, en die top-15- finansiële aandele ook soveel.

Sharenet toon die maatskappy wat die meeste markwaarde verloor het is Naspers. Naspers se aandeelprys het 4% laer op R2 551 gesluit.

Sibanye Stillwater het in terme van markwaarde die tweede meeste gedaal toe sy aandeelprys 11% laer gesluit het.

Anglo het die derde grootste daling in markwaarde getoon toe sy aandeelprys 8% laer gesluit het.

In teenstelling daarmee het goudmynaandele skerp gestyg. Harmony se aandeelprys het 14% hoër, en Gold Fields 4% hoër gesluit.

Business Insider berig die vorige skerpste val was in Junie 2016 toe 3,9% geval het toe die resultaat van die referendum in Brittanje oor Brexit die mark geskok het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!