SA amper mislukte staat u2013 Ramaphosa
SA amper mislukte staat u2013 Ramaphosa

SA amper mislukte staat – Ramaphosa

Sanet de Waal
Korrupsie het so endemies geword dat dit byna van Suid-Afrika ’n mislukte staat gemaak het.

So het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in Pretoria gesê toe hy die jaarlikse konferensie van Suid-Afrika se buitelandse missiehoofde toegespreek het. Hy het vertroue in die vermoë van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping uitgespreek.

Hy glo die kommissie, onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo, sal staatsdepartemente en alle ander regeringsfere van korrupsie suiwer.

“Die kommissie doen wonderlike werk en wat in die verlede gebeur het, is besig om na die oppervlak te kom en ek kan julle verseker, ons gaan skoonmaak . . . skoonmaak is wat ons gaan doen,” sê Ramaphosa.

“Een van die gebiede waarop skoongemaak moet word, is in ons staatsbeheerde ondernemings. Hulle word heeltemal hersien en die boodskap is baie duidelik: Mense wat betrokke was by ampsmisdrywe en wandade moet verantwoordelik gehou word.”

UITWISSING VAN STAATSKAPING

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in sy begrotingsrede in Mei aangekondig dat hy verreikende veranderinge aan die direksies van dié ondernemings gaan aanbring as deel van sy strategie om staatskaping uit te wis.

Ramaphosa sê ook die aanstelling binnekort van ’n nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) sal die skade ongedaan maak wat staatska­ping op die nasionale vervolgingsgesag (NVG) gehad het.

“Wie ook al aangestel word, sal iemand wees wat, vir een ding, nie gekaap sal wees nie. Ons wil hê dié een moet so glibberig as moontlik wees vir die hande van staatskapers.”

Die konstitusionele hof het Ramaphosa ná sy uitspraak op 13 Augustus 90 dae tyd gegee om ’n nuwe NDOV aan te stel. Adv. Shaun Abrahams se aanstelling in dié amp is toe ongrondwetlik en ongeldig verklaar. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!