SA atletiekheld moet opdok of hof toe
SA atletiekheld moet opdok of hof toe

SA atletiekheld moet opdok of hof toe

Atletiek
Wim Pretorius – Suid-Afrika se Statebondkampioen en voormalige wêreldkampioen in die verspring, Luvo Manyonga, moet opdok as hy nie in die hof wil verskyn nie nadat hy inperkingsmaatreëls oortree het.

Die polisie van Paarl-Oos het die 29-jarige atleet Woensdag in Mbekweni in hegtenis geneem. Hy sal ’n skulderkenningsboete van R2 500 moet betaal as hy nie op 29 Junie in die hof wil verskyn nie.

Hy is na bewering betrap toe hy onwettig drank gaan koop het en is glo by sy ouerhuis in hegtenis geneem.

Ofskoon sersant Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, nie wou bevestig dat dit die verspringer is wat in hegtenis geneem is nie, het Netwerk24 betroubaar verneem dat dit wel die silwermedaljewenner op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro in 2016 was.

Rwexana het wel bevestig dat ’n 29-jarige man die regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur oortree het.Kol. Andrè Traut, nog ’n polisiewoordvoerder, het toe gesê dié man kan die boete voor die hofdatum van 29 Junie betaal. Sou hy versuim om dit te doen, sal hy in die hof moet verskyn.

Manyonga hou die Afrika-rekord in verspring nadat hy die bestaande rekord in 2017 met sy heel eerste sprong by die nasionale atletiekkampioenskap in Potchefstroom tot 8,65 m verbeter het.

Dit was destyds ook die voorste afstand op die wêreldranglys in 2017, met die Suid-Afrikaner wat later daardie jaar in die wêreldkampioenskap in Londen op die boonste trap van die podium sy verskyning gemaak het. Sy wensprong vir goud was 8.48 m.

Hy kon sy titel egter nie verlede jaar in Doha, Katar, verdedig nie nadat hy met 8,28 net ’n vierde plek kon behaal. Die Jamaikaan Tajay Gayle het tóé verras met die eerste plek en ’n afstand van 8,69 m.

Manyonga is wel in 2018 aan Australië se Goudkus as die Statebondkampioen bekroon. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!