SA beesvleis na al hoe meer lande uitgevoer
SA beesvleis na al hoe meer lande uitgevoer

SA beesvleis na al hoe meer lande uitgevoer

Suid-Afrikaanse beesvleis word op al hoe meer lande se rakke verkoop.

Uitvoer van beesvleis het van 14 634 ton in 2012 tot 39 135 ton in 2016 gestyg, sê Wandile Sihlobo, ekonoom van Agbiz, in 'n rubriek vir Fin24.

Sihlobo sê die beesvleisbedryf ontgin nuwe uitvoermarkte.

Beesvleis word vars, verkil en bevrore uitgevoer.

Tussen 2012 en 2016 is R203 miljoen meer beesvleis uit- as ­ingevoer.

Die grootste persentasie van die vleis wat uitgevoer word, is bevrore.

Groot markte vir vars Suid-Afrikaanse beesvleis sluit Swaziland, Mosambiek en Lesotho in, asook Midde-Oosterse lande soos Jordanië, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate.

Bevrore beesvleis word veral na die Verre-Ooste – lande soos Viëtnam en Hongkong – uitgevoer, maar ook na Mosambiek, Angola, Lesotho en Koeweit.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!