SA-beesvleisuitvoere bedreig Namibië nie
'n Gebrek aan die lewering van beeste aan Meatco hou 'n groter gevaar vir plaaslike beesvleisuitvoere in as Suid-Afrika se sterkgroeiende beesvleisuitvoermark.
Elvira Hattingh
Plaaslike kenners is dit eens dat sterk groeiende beesvleisuitvoere deur Suid-Afrika nie enige bedreiging vir Namibiese uitvoere inhou nie omdat die twee lande verskillende markte bedien.
'n Veel groter bedreiging vir die plaaslike beesvleisuitvoermark is die feit dat die nasionale beeskudde al kleiner en jonger raak en Namibië nie in die markvraag vir sy vleis kan voorsien nie.
Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad het aan Die Boer verduidelik die twee lande se fokus verskil as dit by beesvleisuitvoere kom, met Namibië wat op hoë-waarde markte soos dié in Noorweë, Europa, asook Suid-Afrika self fokus.
Terselfdertyd fokus die buurland op uitvoermarkte in die Midde-Ooste en nabye Ooste.
“Suid-Afrika se uitvoere het weliswaar beduidend gegroei danksy die wisselkoers-voordeel, wat nou weer effens getaan het.
“Dit het daartoe gelei dat goeie pryse vir lewende hawe in beide Suid-Afrika asook Namibië betaal is,” het Strydom gesê.
STERK GROEI SEDERT 2016
Dít volg nadat Suid-Afrika, 'n netto-uitvoerder van beesvleis – vars én gevries – 'n positiewe handelsbalans van R203 miljoen tussen 2012 en 2016 aangeteken het.
In terme van volumes het mediumtermyntendense 'n skerp toename in Suid-Afrikaanse beesvleisuitvoere van 14 634 ton in 2012 tot 39 135 ton in 2016 getoon. Volgens Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom en hoof van die landbousakekamer Agbiz in Suid-Afrika, toon statistiek uitvoere van gevriesde beesvleis het vyf keer vermeerder – van 2 921 ton in 2012 tot 18 067 ton in 2016.
Die uitvoere van vars beesvleis het van 11 714 ton tot 21 068 ton in dieselfde tydperk gegroei, skryf hy op sy webwerf www.wandilesihlobo.com.
Volgens Sihlobo is die grootste markte vir vars beesvleis die nabygeleë eSwatini (Swaziland), Mosambiek en Lesotho; asook dié in die Midde-Ooste soos Jordanië, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate.
Markte vir gevriesde vleis sluit in dié in die Verre-Ooste, soos Viëtnam en Hongkong; asook streekmarkte soos Mosambiek, Angola en Lesotho en Midde-Oosterse markte, spesifiek Koeweit.
“Die Afrikamarkte, soos genoem, waartoe Suid-Afrika toegang het, is as gevolg van die teenwoordigheid van Suid-Afrikaanse kettinggroepe,” het Strydom gesê.
“Die tonnemaat wat uitgevoer is, is hoofsaaklik te wyte aan die voordele wat voerkraalafronding in terme van konstante volume en deurset inhou – waar Namibië beesvleis natuurlik van die veld af moet produseer.”
GEVAAR LÊ NADER
Jannie Breytenbach, wat in Februarie as Meatco se waarnemende uitvoerende hoof aangestel is, het gesê Strydom is reg as hy sê die buurland se beesvleisuitvoere hou nie 'n bedreiging vir die plaaslike bedryf in nie.
Volgens Breytenbach is 'n groter bedreiging vir die plaaslike beesvleisuitvoermark die feit dat die nasionale beeskudde al kleiner en jonger raak.
“As 'n bedryf moet ons kyk hoe ons dit strategies gaan aanspreek,” het hy gesê en in grafieke getoon hoe uitvoer-abattoirs se aandeel in die beesmark van 2016 tot 2017 van 29% tot 17% verlaag het, terwyl lewende beesuitvoere van 47% tot 65% gegroei het.
Plaaslike abattoirs se aandeel het ook van 23% tot 18% gekrimp.
Breytenbach het verduidelik Namibië het toegang tot bestaande markte soos Noorweë, die Europese asook Suid-Afrikaanse markte, asook tot nuwe markte in Rusland, Amerika en China.
Volgens data oor volumes wat in die 2017-'18-boekjaar deur Meatco versprei en verkoop is, is die meeste van Meatco se vleis (40,35%) plaaslik verbruik.
Daarnaas het 24,29% na Suid-Afrika gegaan, 19,93% na Europa en 7,98% na Engeland.
Noorweë het 5,66% van Meatco se vleis gekoop, terwyl Asië 1,8% gekoop het.
“Meatco kan tans nie in die huidige markaanvraag vir ons vleis voorsien nie, ons het net té min produkte tot ons beskikking. Tans doen Meatco ook blokverslagting vanuit Windhoek se aanleg.
“Dit beperk Meatco se vermoë om buitelandse valuta vir Namibië te verdien,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie