SA beleggers koester té hoë verwagtinge
Beleggers van die buurland verwag glo oor die volgende vyf jaar ’n gemiddelde jaarlikse opbrengs van 12,8% vergeleke met die werklike jaarlikse opbrengs van 4,4%.
William Horne – Suid-Afrikaanse beleggers het van die hoogste verwagtinge oor hul beleggingsopbrengs oor die volgende vyf jaar ter wêreld – bykans 3 persentasiepunte hoër as die wêreldgemiddelde en 8,4 persentasiepunte hoër as die werklike opbrengs oor die afgelope vyf jaar.
Dit blyk uit die Britse batebestuurder Schroders se wêreldwye beleggerstudie vir 2018 wat saamgestel is uit ’n opname onder 22 000 welvaartbeleggers in 30 lande.
Hiervolgens verwag Suid-Afrikaanse beleggers oor die volgende vyf jaar ’n gemiddelde jaarlikse opbrengs van 12,8% vergeleke met die werklike jaarlikse opbrengs van 2013 tot 2018 van 4,4% (gegrond op die MSCI-wêreldindeks, in rand).
Claire Walsh, direkteur van persoonlike finansies by Schroders, sê daar moet nie op verwagtinge staatgemaak word vir finansiële beplanning nie.
“Die verwagtinge van hoë opbrengste kan kommer wek by finansiële beplanners. Die navorsing wys die belangrikste rede waarom mense spaar, is om in aftrede gemaklik te kan leef. Hierdie planne kan uitrafel as die opbrengste laer as verwag is,” sê sy.
Schroders se data dui daarop dat beleggers meestal in aandele belê – 31% vir Suid-Afrika teenoor die wêreldgemiddelde van 33%. Walsh sê die navorsing fokus op aandele vanweë hul hoër risiko en potensieel hoër opbrengs.
“Dit beklemtoon die vlak van optimisme onder beleggers, gegewe dat hul verwagtinge gegrond is op ’n portefeulje van gemengde beleggings en spaargeld, wat laer opbrengste kan lewer.”Internasionaal is beleggers se verwagtinge geanker in ’n besonder sterk vertoning van aandelemarkte oor die afgelope vyf jaar. Die MSCI-wêreldindeks het sedert 2013 12,2% per jaar gelewer.
Sy waarsku historiese opbrengste is nie ’n aanduiding van wat in die toekoms gaan gebeur nie.
“Die Suid-Afrikaanse aandelemark het egter ’n power vertoning in dié tydperk gelewer. Teen einde November het die JSE se indeks van alle aandele ’n geannualiseerde opbrengs van 6% per jaar gelewer, wat net effens hoër as die inflasiekoers was.”
Net beleggers in Rusland (13 persentasiepunte) en die Verenigde Arabiese Emirate 8,5 persentasiepunte) het ’n groter gaping tussen hul verwagtinge vir die volgende vyf jaar en wat werklik oor die afgelope vyf jaar gebeur het, as dié in Suid-Afrika.
Walsh meen beleggers en hul finansiële raadgewers moet deeglik kyk na hul verwagtinge en die groot gaping tussen verwagtinge en die realiteit probeer oorbrug.
Dit is uiters moeilik om opbrengste te voorspel, maar Schroders se multibate-beleggingspan verwag ’n waarskynlike jaarlikse opbrengs van 5,6% op aandele wêreldwyd oor die volgende tien jaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie