SA diamantmyn leen miljoene vir salarisse
Dawie Boonzaaier – Nóg ’n onderneming in staatsbesit kan nie sy werkers betaal nie. Alexkor-RMC, die staat se diamantmyn in die mees noordwestelike hoek van Suid-Afrika, het verlede maand R4,8 miljoen by die departement van openbare werke geleen om die Januarie-salarisse van 380 werknemers te betaal.
By Alexkor-RMC word diamante op land en in die see ontgin, wat die dorpie Alexanderbaai insluit. In 2007 het die grondeisehof grond- en mynregte aan die Richtersvelders toegeken, ook vir die diamantryke gebied onder Alexkor-beheer.
Die Richtersvelders, onder die vaandel van die Richtersveld Mining Company (RMC), het ooreengekom met die staat dat RMC diamante in die grond sou uithaal, en Alexkor, die reeds bestaande staatsmyn, diamante uit die see sou myn. Alexkor-RMC is die gesamentlike onderneming wat hieruit ontstaan het. RMC besit 49% en Alexkor 51%.
Afgesien van kommer oor salarisse, vrees die kontrakteurs wat die diamante uitdelf nou dat daar teen einde Februarie nie geld gaan wees om hul diamante te koop nie.
“Die myn is bankrot,” sê een van die sowat 70 kontrakteurs wat uit vrees vir viktimisasie op voorwaarde van anonimiteit praat.
“Ons het die afgelope drie weke nie brandstof vir ons bote of voertuie in die myn gehad nie.”
Volgens die kontrakteur is daar klaar gerugte dat Alexkor in Maart afleggings kan aankondig.
“Maar waar sal hulle dan die geld vir hierdie afleggings kry?”
Die kontrakteur sê die myn se diamante droog ook op, en daar vind reeds onwettig ontginning plaas by ander Namakwalandse dorpe soos Kleinzee, Reuning en Baken.
Die kontrakteur sê vrae aan die myn se bestuur val op dowe ore.
Verskeie kontrakteurs kla ook oor die toestand van die myn se hawe, en dat hulle nie hul werk ordentlik kan doen nie omdat geen instandhouding plaasvind nie.
Alexkor dra al die kontrakteurs se koste en risiko vir ’n 50%-aandeel in die diamant-inkomste.
Bestuursprobleme teister die diamantmyn sedert die ontstaan van die gesamentlike onderneming.
Verlede jaar het Pravin Gordhan, minister van openbare werke, in antwoord op ’n parlementêre vraag van Veronica van Dyk, DA-LP, gesê tussen April 2012 en Maart 2017 het minstens 10% van Alexkor se uitgawes van R225 miljoen aan direkteure se salarisse gegaan.
In Desember 2017 is Alexkor-RMC ook by staatskaping betrek toe beweer is Scarlet Sky Investments 60, wat verantwoordelik is vir die myn se diamantverkope, het bande met die Gupta-familie.
Mervyn Carstens, uitvoerende hoof van Alexkor-RMC, het die bewerings ten sterkste ontken.
Tshediso Matona is in September 2018 as waarnemende voorsitter aangestel, en in Desember 2017 Lemogang Pitsoe as uitvoerende hoof. Adila Chowan is Januarie 2018 as nuwe finansiële hoof aangewys.
Die verslag wys dat die maatskappy se wins vir 2018 R34,2 miljoen was (2017: R6 miljoen), om die maatskappy se opgehoopte verlies tot R44,4 miljoen te verminder. Dié wins sou egter nie moontlik gewees het sonder beleggingsinkomste van R51,3 miljoen nie. R26 miljoen is onregmatig bestee; R12 miljoen meer as in 2017.
Alexkor-RMC vaar nog slegter. In 2018 het die onderneming se inkomste met 49% gedaal tot sowat R409,1 miljoen. Die gesamentlike onderneming werk op ’n verlies van R14,2 miljoen vir 2018, nadat die maatskappy in 2017 ’n wins van oor die R20 miljoen getoon het.
Alexkor-RMC sê die onregmatige besteding was nie tevergeefs nie, en dat daar beleggingswaarde uit die verlies kan kom. Die maatskappy wou hom nie uitlaat oor beweringe van bankrotskap nie, buiten dat hulle met die departement van openbare werke konsulteer.
Adrian Lakay, Gordhan se woordvoerder, sê Gordhan wag dat Alexkor ’n geloofwaardige plan voorlê vir volhoubaarheid. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie