SA doen ampsbesoek in Jedda
SA doen ampsbesoek in Jedda

SA doen ampsbesoek in Jedda

Pres. Cyril Ramaphosa het gisteroggend in Saoedi-Arabië vir ’n ampsbesoek aangekom.

Ramaphosa sal daar met koning Salman bin Abdoelaziz Al Saud in die stad Jedda vergader om onder meer die status van bilaterale verhoudinge tussen die twee lande te assesseer.

’n Massiewe deel van Suid-Afrika se olie-invoere kom uit Saoedi-Arabië.

Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, het bygevoeg dat daar ook gefokus sal word om die ekonomiese bande tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië te versterk, veral om beleggings te verhoog en handelsverhoudinge te diversifiseer.

“Suid-Afrika voer tans sowat 47% van sy olie in vanaf Saoedi-Arabië en beskou ook hierdie land as ’n strategiese vennoot in die Midde-Ooste. Saoedi-Arabië is self ’n groot belegger in Suid-Afrika veral in hernieubare energie. Handel tussen die twee lande het sowat R55 miljard in 2017 beloop.”

Volgens Diko is die ampsbesoek ook ’n geleentheid vir Suid-Afrika om die samewerking met Saoedi-Arabië te verhoog in die lig van daardie land se nuwe strategie vir Afrika.

Ramaphosa word deur verskeie ministers en ’n groot sake-afvaardiging vergesel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer