SA-dokkie My Octopus Teacher wen handvol gesogte rolprentpryse
Die aangrypende dokumentêr oor ’n rolprentmaker se besonderse onderwatervriendskap met ’n seekat, My Octopus Teacher, het nie net die hoofprys gewen op vanjaar se Jackson Wild Media-prysaand nie, maar ook sommer drie ander.
Die prent het die Grand Teton-prys verower as beste rolprent op die fees, daarby het dit die kategorieë beste mens-en-natuur-prent asook beste prent oor wetenskap in die natuur gewen én dit is beloon vir redigering.
Dit handel oor die rolprentmaker Craig Foster wat oor ’n tydperk van ’n jaar ’n verhouding met ’n seekat opbou, wat in ’n kelpwoud naby sy huis woon. Hy het die woud omtrent daagliks besoek en is mettertyd in die wêreld van die seekat toegelaat.
Die vriendskap het Foster, wat aan werkuitputting gely het, weer nuwe energie gegee en het ook gehelp om sy verhouding met sy gesin te herstel, volgens die dokkie.
Die prent, wat op Netflix te sien is, is geskep in samewerking met die Sea Change Project, wat bewusmaking vir Suid-Afrikaanse kelpwoude skep. Die regisseur van die prent is Pippa Ehrlich en dit het haar glo meer as ’n dekade geneem om die prent in samewerking met die Nederlandse vervaardiger Off the Fence te voltooi.
Die internasionale Jackson Wild-pryse vier uitmuntendheid en innovasie in dokumentêre rolprente oor die natuur, wetenskap en bewaring. Meer as 30 pryse is einde verlede week virtueel uitgedeel op die eerste virtuele Jackson Wild-beraad, waaraan meer as 700 rolprentmakers, bewaringskundiges, fotograwe, wetenskaplikes en joernaliste deelgeneem het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie