SA drankreuse vlieg mekaar die hare in
William Horne – Drie jaar ná die verkryging van SABMiller deur Anheuser-Busch InBev (AB InBev) is sy grootste mededinger in die plaaslike mark, Distell, warm onder die kraag omdat hy meen voorwaardes vir die transaksie word geminag.
Distell het by die Mededingingstribunaal aansoek gedoen dat ’n amptelike ondersoek gedoen word nadat die Mededingingskommissie self geen gronde vir sy besware gevind het nie.
Volgens Distell is AB InBev besig om ander produsente en mededingers se advertensies by drankwinkels te verwyder.
Indien waar, sou dit ’n ooglopende oortreding van die voorwaardes vir die verkryging wees.
’n Verhoor hieroor vind Donderdag en Vrydag plaas.
Distell was een van die hoofpartye wat tydens die goedkeuringsproses vir die samesmelting in Junie 2016 voorleggings voor die kommissie gedoen het. Distell was ook toe hoogs besorg oor die samesmelting.
SAB voer intussen onder meer aan dat Distell se klag ’n poging is om mededinging te beperk en nie verband hou met die voorwaardes van die samesmelting nie.
Volgens SAB het die klag geen meriete nie en moet dit dus deur die tribunaal van die hand gewys word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie