SA: Du00edt is wat jy nou vir brandstof gaan betaal
SA: Du00edt is wat jy nou vir brandstof gaan betaal

SA: Dít is wat jy nou vir brandstof gaan betaal

Francois Williams en Elvira Wood – Motoriste en die breë ekonomie kry in November in die buurland verligting met laer brandstofpryse, grootliks danksy ’n laer internasionale Brent-ruolieprys.

Petrolpryse daal Woensdagoggend met 13c per liter, en diesel se groothandelprys daal met tussen 14c en 16c, afhangend van die swaelinhoud.

Paraffienpryse daal met 23c per liter.

Luidens die departement van energie het die prys van Brent-ruolie van gemiddeld $62,96 per vat in September tot $59,73 per vat in Oktober gedaal.

“Oliepryse het gedaal namate kommer oor die stadiger wêreldwye ekonomiese groei tekens van versagting in die handelsoorlog tussen Amerika en China oorskadu het,” het die departement laat Maandagaand in ’n verklaring gesê.

Die rand, wat teenoor die dollar teruggesak het, het ongelukkig gekeer dat plaaslike brandstofpryse selfs nóg verder daal.

Luidens die departement het die rand in September teen gemiddeld R14,84 teenoor die dollar verhandel, maar in Oktober teen gemiddeld R14,93.

Petrol in Gauteng kos dus nou R16,08 per liter vir 95-oktaan en aan die kus betaal jy R15,44 per liter.

Die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% kos R14,68 in Gauteng en R14,14 aan die kus. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!