SA een van onveiligste lande ter wu00eareld u2013 indeks
SA een van onveiligste lande ter wu00eareld u2013 indeks

SA een van onveiligste lande ter wêreld – indeks

Die Global Peace Index meet die gemiddelde vlak van globale vrede, en dit het verlede jaar net effens verbeter.
Suid-Afrika is aangewys as een van die gevaarlikste lande ter wêreld, volgens die jongste Global Peace Index.

Uit 163 lande, waar nommer een die veiligste land is, neem Suid-Afrika die 127ste plek in, wat dit die 37ste onveiligste land op die lys maak.

Volgens die studie is moord en voorvalle van gewelddadige misdaad baie algemeen in Suid-Afrika, wat bydra tot sy lae posisie op die lys.

Ook gewelddadige protesoptogte, toegang tot wapens en politieke angs is van die faktore wat die land onveilig maak, volgens die navorsers.

Die indeks meet die gemiddelde vlak van globale vrede, en dit het verlede jaar (toe opnames gedoen is) net effens verbeter.

AFGHANISTAN VERVANG SIRIë

Dit was die eerste keer dat die indeks ’n verbetering gewys het in die afgelope vyf jaar. Die gemiddelde telling per land het met -0.09% verbeter, met 86 lande wat verbeter het en 76 wat versleg het.

Ysland is steeds, sedert 2008, die vreedsaamste land ter wêreld. Ook Nieu-Seeland, Oostenryk, Portugal en Denemarke is bo-aan die lys. Bhoetan is die land onder die top-20 waar sake die meeste verbeter het, en het met 43 plekke opgeskuif gedurende die afgelope 12 jaar.

Afghanistan vervang Sirië as die mins vreedsame land in die wêreld. Sirië is nou tweede laaste op die lys. Suid-Soedan, Jemen en Irak is ook onderaan die lys. Dit is die eerste jaar sedert die begin van die indeks dat Jemen so laag op die lys is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer