SA ekonomie knars tot stilstand
Die inkrimping van Suid-Afrika se handelsektor in die derde kwartaal is veral slegte nuus, aangesien dit daarop dui dat verbruikers hul beursies styf toehou.
Hanlie Stadler - Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die derde kwartaal van die jaar weer byna tot stilstand gekners.
Die bruto binnelandse produk (BBP) was slegs 0,2% meer as in die tweede kwartaal, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) gisteroggend bekend gemaak. Ontleders het nagenoeg 0,6% verwag; dít nadat die ekonomie in die tweede kwartaal met ’n aangepaste 3,5% gegroei het. Die groei is van kwartaal tot kwartaal gemeet.
Vir die eerste nege maande van die jaar was groei 0,4% (vergeleke met dieselfde nege maande van 2015), nog onder die 0,5%-jaargroei waarop die tesourie staatmaak.
Vergeleke met die derde kwartaal van 2015 het die ekonomie met 0,7% gegroei.
Net drie van die tien oorhoofse sektore het kwartaalliks beduidend gegroei: Mynbou (5,1%), regeringsdienste (1,8%) en finansies en sakedienste (1,2%). Die styging in mynbou word toegeskryf aan die hoër produksie van veral ystererts.
Landbou, bosbou en visserye het vir die sewende kwartaal in ’n ry ingekrimp, dié keer met 0,3%. Dit word toegeskryf aan die daling in die produksie van gewasse.
Die vervaardigingsektor het met 3,2% ingekrimp; krag, gas en water met 2,9% en handel met 2,1%.
Die skerp daling in die produksie van krag, gas en water word toegeskryf aan ’n daling in krag- en watergebruik in die kwartaal, laasgenoemde hoofsaaklik weens die streng waterbeperkings in die meeste dele van die land.
Die inkrimping van die handelsektor is veral slegte nuus, aangesien dit daarop dui dat verbruikers hul beursies styf toehou. Verbruikersbesteding verteenwoordig byna twee derdes van Suid-Afrika se ekonomie. Alle handelsektore - groot-, klein- en motorhandel en verblyf - het ingekrimp.
Vervoer en konstruksie (albei 0,3%) het minimaal gegroei, asook persoonlike dienste (0,6%).
Besteding op BBP het met 0,5% gestyg, vergeleke met 3,7% in die tweede kwartaal. Huishoudelike besteding aan verbruiksgoedere het met 2,6% gestyg en die regering se besteding met 2,1%.
Vastekapitaalvorming het met 1% gedaal. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie