SA fabrieke bly swartgallig oor 2020
Dalk die kommerwekkendste is dat daar geen verwagting is dat saketoestande oor ses maande gaan verbeter nie.
Hanlie Stadler – Die vervaardigingsektor het 2020 glad nie goed begin nie en daar is geen verwagting dat dinge later vanjaar gaan verbeter nie.
Absa se aankoopbestuurdersindeks (PMI), ’n maatstaf van hoe dié bedryf vaar, het in Januarie met 1,9 punte tot 45,2 punte geval, die laagste in vier maande. Dit was in Desember 47,1 punte. Enige punt onder 50 beteken vervaardiging toon negatiewe groei.
Twee subindekse het veeljarige laagtepunte behaal, een van hulle die immer belangrike indeks vir indiensneming, wat naby die laagste vlak in ses jaar is. Die indeks wat die agterstand in koopbestellings meet, is op die laagste vlak in meer as ’n dekade, “wat niks goeds voorspel vir ’n herstel in bedrywigheid vorentoe nie,” sê Lisette Ijssel de Schepper, ekonoom van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch wat die indeks saamstel.
Dalk die kommerwekkendste is dat daar geen verwagting is dat saketoestande oor ses maande gaan verbeter nie. Dié subindeks het tot die laagste vlak in meer as ’n jaar gedaal.
“Onsekerheid oor die gereeldheid en strafheid van beurtkrag in die toekoms en die krag van die wêreldekonomie (en dus eksterne vraag) het vooruitsigte waarskynlik gedemp.”
Die Investec-ekonoom Kamilla Kaplan sê daar is ’n geringe aanduiding dat vervaardiging wêreldwyd gestabiliseer het, met selfs ’n moontlikheid dat dit kan verbeter. Dit kan egter geknou word as die nuwe koronavirus handel onderdruk.
“Selfs as die eksterne omgewing deur die jaar gunstiger word, sal Suid-Afrika se vervaardigingsektor steeds gekniehalter word deur gedempte plaaslike vraag, swak kraginfrastruktuur en hoë bedryfskoste, veral gereguleerde pryse (onder meer krag en brandstof). – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie