SA glanspaar in Windhoek
Die bekende Suid-Afrikaans akteurspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts is Vrydag 25 Oktober by The Tannery buite Windhoek. Hulle is sprekers by die Rosewood Academy, voorheen bekend as die Welwitschia-skool, se geldinsamelingsgeleentheid. Dit is ook ter viering van die skool se naamverandering. Die deure open 17:30. Daar sal 'n mark en kosstalletjies wees en die geleentheid begin 19:00. Kaartjies kos N$350 per persoon en sluit verversings in. Kontak Marcha Reid by 081 288 2886 vir meer inligting. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie