SA gly dalk gou op rommel-piesangskil
Vida Booysen - Moody’s Investors Service gaan Suid-Afrika in die eerste helfte van volgende jaar waarskynlik met ’n verdere kerf afgradeer – indien nie reeds in November vanjaar nie.
In ’n nota wat Nedbank se korporatiewe en beleggingsbank (CIB) uitgereik het, voer hy redes aan waarom die land tans op ’n gradering-piesangskil gly.
’n Moody’s-afgradering sal staatskuld op rommelstatus te staan bring.
“Sowel die laer potensiële groei asook die verswakkende fiskale vooruitsig bly krediet-negatief in ons vooruitsig,” verduidelik die CIB-nota.
As redes hiervoor voer die bank onder meer die regering se “huidige gebrek aan fokus” op ’n groeibeleid aan, maar selfs belangriker, die staat se stygende skuldvlakke en ’n aansienlike tekort aan inkomste.
Moody’s plaas Suid-Afrika se staatskuld (binnelands sowel as buitelands) tans op Baa3 (die laagste beleggingsgraad) en CIB verwag dat dit tot Ba1 (net onder beleggingsgraad) sal daal. Hy verwag dat die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in Oktober deur groeiende skuldvlakke en ’n “betekenisvolle tekort” in inkomste gekenmerk sal word.
“Die stygende laste van die maatskappye in staatsbeheer, verswakkende beheer van die regering en die agteruitgang van institusionele onafhanklikheid kan oor die volgende twee jaar voortduur, hoewel die agteruitgang geleidelik kan wees,” luidens die nota.
Die bankgroep waarsku enige opflikkering van politieke risiko’s sal die rand se waarde laat verswak en tot verhoogde inflasierisiko’s lei.
Dít, tesame met die tekort aan strukturele ekonomiese hervorming, sal die lae groeiverwagtings net verstewig.
“Ons glo Moody’s sal Suid-Afrika se plaaslike en buitelandse skuldgradering reeds in sy November-oorsig verlaag as die MTBR wesenlike fiskale gly toon.”
Hoewel daar ’n risiko is dat sowel Moody’s as Standard & Poor’s Global Ratings die land se skuld in November gaan afgradeer, glo CIB dat Fitch Ratings sy vooruitsig van stabiel na negatief kan verswak. Fitch het alle staatskuld reeds op rommel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie