SA grense het gister heropen
SA grense het gister heropen

SA grense het gister heropen

Airlink het vanaf 2 Maart 'n nuwe roete tussen Kaapstad en Walvisbaai.
Andrew Poolman
Francoise Steynberg – Suid-Afrika het gister 20 van sy landsgrense heropen wat sedert 11 Januarie gesluit was.
Reisigers kan weer tussen dié buurlande via Namibië se suide­like grensposte van Nakop en Vioolsdrift ry.

Met grense tussen Namibië en ­Botswana wat reeds verlede jaar heropen het, kan padreisigers ook weer via Botswana tussen Namibië en Suid-Afrika beweeg met Suid-Afrika se grensposte Skilpadshek en Ramathlabama wat heropen is.

Internasionale reisigers wat na Suid-Afrika vlieg, sal slegs by die internasionale lughawens van O.R. Tambo in Johannesburg, King Shaka Zulu in Durban en Kaapstad deur­gelaat word.

Reisigers na Suid-Afrika moet 'n geldige sertifikaat hê wat aantoon dat hulle nie Covid-19 het nie.

Die ­sertifikaat moet deur die Wêreld­gesondheidsorganisasie (WHO) erken word en mag nie langer as 72 uur voor die reisdatum uit­gereik wees nie.

'n Reisiger wat by aankoms nie so 'n sertifikaat kan toon nie, sal op eie koste 'n blitstoets vir teenliggaampies moet ondergaan.

In die geval van 'n positiewe ­Covid-19-toets sal die reisiger vir tien dae op eie koste in isolasie moet gaan.

Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me Gitta Paetzold, is die heropening van Suid-Afrika se grense verblydend met toerismevloei wat weer sal toeneem.

“Vanaf vandeesweek sal die vloei van toerismegetalle dan hopelik oor die grense toeneem – net soos die riviere tans onder die brûe vloei,” sê Paetzold.

“Almal is gretig om die natuurwonders te sien – van die Augrabies-­waterval in die Noord-Kaap, die Oranjerivier in die Suide tot die Ugab­rivier in die Noorde.”



NUWE AIRLINK-ROETE

Intussen het die private streeklug­redery Airlink gister sy nuwe ­Weskusroete tussen Kaapstad en Walvisbaai aangekondig.

Volgens die uitvoerende hoof van Airlink, mnr. Rodger Foster, sal vlugte tussen Kaapstad en Walvisbaai op 2 Maart begin.

Airlink sal op Dinsdae, Donderdae en Saterdae tussen Kaapstad en Walvisbaai die volgende vlugte aanbied:

• Vlug 4Z 382 vertrek om 14:00 uit Kaapstad en land om 16:15 op ­Walvisbaai;

• Vlug 4Z 383 vertrek om 16:50 uit Walvisbaai en land om 19:00 in ­Kaapstad.



DUITSLAND

Intussen het Duitsland Sondag ­aangekondig dat Namibië se klas­sifikasie as hoërisikoland gekan­selleer en verander is na 'n land met 'n hoë voorkoms van Covid-19-gevalle.

Namibië is volgens die Duitse ambassade in Windhoek die enigste land in die Suider-Afrikaanse Ont­wikkelingsgemeenskap (SADC) wat nie as 'n hoërisikoland geklassifiseer is nie.

Dit beteken reisigers uit Nami­bië hoef geen Covid-19-toetse met aankoms in Duitsland te toon nie.

Die enigste buurland van Namibië wie se grense nog gesluit is, is Angola.

Verlede Vrydag het die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Frans Kapofi, die grenspos van Impalila-eiland met Botswana oop verklaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!