SA grond: Hervorming plaas fokus op waardasies
SA grond: Hervorming plaas fokus op waardasies

SA grond: Hervorming plaas fokus op waardasies

‘Verskerpte noukeurige bestudering van die prosesse en resultate van eiendomswaardasies kan verwag word.’
Philda Essop

Grondwaardasies kan toenemend onder die vergrootglas kom in die huidige konteks van grondhervorming.

Dit is dus kritiek om te verseker dat waardasies bo verdenking en professioneel verdedigbaar is.

Dit is die strekking van die 2017-’18-jaarverslag van die waardeerder-generaal vir grond wat dié week in die parlement ter tafel gelê is.

Onder die hoofstuk waarin die huidige situasie met grondhervorming in Suid-Afrika ontleed word, lui die verslag dat grondhervorming ’n “politiek gelaaide” en “sensitiewe kwessie” in die land is, veral gegewe die stadige pas waarteen dit plaasvind en die koste wat die regering aangaan.

‘EMOSIONELE KWESSIE’

“Patrone van grondeienaarskap bly skeefgetrek volgens ras en ’n groter dringendheid is besig om oor die kwessie van grondhervorming op te bou.”

Die verslag lui: “Grondeienaarskap is ’n emosionele kwessie en dit is noodsaaklik om die belange van die publiek en die land se ekonomiese stabiliteit delikaat te balanseer.

“Verskerpte noukeurige bestudering van die prosesse en resultate van eiendomswaardasies kan verwag word en dit word kritiek om te verseker dat waardasies bo verdenking en professioneel verdedigbaar is, veral waar daar ’n groter risiko van litigasie kan bestaan,” lui die verslag.

’n Gesentraliseerde, landswye, omvattende en betroubare basis van eiendomsdata is nodig en dit sal aangepak word.

Grondhervorming fokus volgens die verslag tipies op landelike grond en indien dit goed uitgevoer word, het dit die potensiaal om baie nuwe poste te skep en die lewe van gemeenskappe te verbeter wat vroeër van grondeienaarskap uitgesluit was.

“Grondhervorming in die landbou wat egter swak uitgevoer word, kan nuwe maatskaplike probleme soos voedselskaarsheid en verhoogde kospryse skep. Landbou-ondernemings kan ekonomiese druk ervaar met die gevolglike maatskaplike effek van werksverliese in die land.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!