SA grondwethof beslis: Jy mag nou dagga tuis kweek én rook
Jana Marx
Daggagebruikers mag nou dagga in privaatheid rook en kweek.
Dit is effektief wat gister se eenparige uitspraak van die konstitusionele hof beteken.
Adjunkhoofregter Raymond Zondo het namens ’n volbank regters beslis dat die betrokke artikels van die Wet op Dwelms en die Gesondheidswet ongrondwetlik is. Sodoende is ’n vroeëre uitspraak deur die hooggeregshof in Kaapstad, waarteen die staat appèl aangeteken het, bekragtig.
“Die reg word nie beperk tot ’n huis of privaat woning nie. Dit gaan voortaan nie ’n strafregtelike oortreding wees vir ’n volwassene om dagga te gebruik of in hul besit te hê in (enige) private ruimtes nie,” het Zondo in sy uitspraak gesê. Die uitspraak het nie gemeld hoeveel gram dagga ’n persoon mag gebruik of besit nie, berig News24.
Die uitspraak kom nadat die hooggeregshof in Kaapstad in Maart verlede jaar gelas het dat die verbod op persoonlike daggagebruik, -besit en -kweking in die privaatheid van die huis ongrondwetlik is.
INBREUK OP PRIVAATHEID
Die hooggeregshof het bevind dat die betrokke artikels in die wet inbreuk maak op die eisers se reg op privaatheid en dat dit, ingevolge art. 172 van die Grondwet, binne 24 maande deur die parlement gewysig moet word.
Die ministers van justisie, maatskaplike ontwikkeling, gesondheid, handel en nywerheid, internasionale betrekkinge en samewerking, die polisie asook die nasionale vervolgingsgesag (aansoekers) het hulle tot die hoogste hof gewend om die uitspraak tersyde te laat stel.
Volgens die aansoekers het die eisers nie ’n grondslag vir privaatheid bewys nie en ook nie dat enige (mense)regte geskend word nie.
Die staat het ook getuienis voorgehou oor die nadele en gevare van dagga.
Die saak spruit uit drie eisers wat die hof versoek het om dagga wettig te verklaar. Die eisers, onder andere Gareth Prince en Jeremy Acton (voorsitter van die Daggaparty), het in 2016 die aansoek by die hof ingedien. Al drie gebruik dagga vir geestelike en gesondheidskwessies.
Die hof was gister vol ondersteuners. Die Traditional Healers Organisation for Africa, ’n organisasie wat ten gunste van die privaat gebruik van dagga is, het ook buite die hof met plakkate gedans.
Zondo se uitspraak is kort-kort deur ’n luide toejuiging onderbreek. – Netwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie