SA: Hier kom ‘bloedbad’ van afleggings
’n Kenner sê die vierde nywerheidsrevolusie is een van die redes hiervoor.
Elvira Wood – Daar kom ongetwyfeld ’n “bloedbad” wat betref afleggings in Suid-Afrika – en die vierde nywerheidsrevolusie waarop pres. Cyril Ramaphosa sy hoop plaas, is een van die redes daarvoor.
Cameron Morajane, direkteur van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), het Maandag met die bekendstelling van dié kommissie se verslag vir die jaar tot einde Maart by sy hoofkantoor in Johannesburg gesê: “Die twee grootste redes hoekom daar so baie afleggings is en hoekom ons nóg verwag, is weens die vierde nywerheidsrewolusie (4NR) en beleidsveranderinge.”
Wanneer dit by die 4NR kom, gaan dit veral oor die invloed wat outomatisasie en digitalisering op alle sektore het.
“Dit is veral die banksektor wat deur outomatisasie en kunsmatige intelligensie beïnvloed word. Dit is hoekom van die banke se taknetwerke so erg beïnvloed word.”
Drie van Suid-Afrika se groot banke het die afgelope maande aangekondig dat hulle weens die invloed van digitalisering takke gaan moet sluit en werkers gaan moet aflê.
Meer as 2 000 poste is net in dié sektor in gedrang weens die toenemende gebruik van digitale platforms deur die banke se kliënte.
Morajane se vooruitsig verskil heeltemal van dié van Ramaphosa, wat in sy Junie-staatsrede en ander toesprake klem gelê het op die werkskeppingspotensiaal van die 4NR.
“Gegewe wat ons vandag weet oor die potensiële voordelige gevolge van die 4NR, moet ons hierdie historiese samevloeiing van menslike insigte en betrokkenheid, kunsmatige intelligensie en tegnologie omhels om die uitdagings van armoede, werkloosheid en ongelykheid te oorkom,” het hy in Julie gesê op sy openingsrede vir die beraad oor die 4NR en Suid-Afrika se digitale ekonomie in Midrand, noord van Johannesburg.
Beleid
Dit is nie net die 4NR wat ’n groot rede is vir afleggings nie, maar oor veranderinge aan wetgewing, sê Marojane.
“Die verandering in 2015 aan die Wet op Arbeidsverhoudinge, dat art. 186A dit nou stel dat werkers wat tydelik deur ’n agentskap aangestel is ná drie maande van diens as permament aangestelde werkers erken moet word, het ook ’n groot verandering meegebring oor hoeveel sake na ons verwys word.”
Statistieke
In die jaar tot einde Maart is 193 732 sake by die KVBA aangemeld. Dit is 4% meer as die 186 902 teenoor die vorige jaar.
Morajane sê in 71% van gevalle was die klag wat na hulle verwys is dat werkers onbillik afgedank is.
Morajane sê nes vorige jare het die meeste klagtes gespruit uit die sake- en professionele sektor (27%), gevolg deur sekuriteit (12%) en kleinhandel (11%).
Luidens die jaarverslag het die KVBA 74% van alle sake wat aangehoor en afgehandel is, geskik.
Dit het gemiddeld 68 dae geneem vandat hy ’n verwysing ontvang het totdat die proses afgehandel is.
Groepe
Nie al 193 732 sake wat aangemeld is, is deur individue aangemeld nie.
Die KVBA sê hy het 187 sake bemiddel van openbare belang wat voortspruit uit art. 150 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Hiervan het hy 87% suksesvol bemiddel. ’n Voorbeeld van só ’n dispuut is die loondispuut tussen die vakbond Numsa en Comair.
Die KVBA het ook 529 aansoeke ontvang om as bemiddelaar op te tree waar maatskappye herstruktureer en beplan het om werkers uit diens te stel. ’n Totaal van 38 388 poste was in gedrang.
Die KVBA sê hy het dit reggekry om 15 787 (41%) van dié poste te red. Die res van die werkers is óf uit diens gestel (14 917, 39%), het pakkette aanvaar (6 474, 17%) óf het ’n ander reëling met hul werkgewer getref (1 410, 3%).
Morajane sê luidens hul statistieke was die meeste werkverliese in die boekjaar in die konstruksiebedryf, waar 3 584 werkers hul werk verloor het. Dit word gevolg deur die mynbousektor, met 3 260 afleggings.
“Let wel, hierdie is net die afleggings waar sake na ons verwys is. Dit sluit nie afleggings in as sake nié na die KVBA verwys is nie. Daar het dus heelwat méér poste verlore gegaan,” sê hy.
Syfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) in September uitgereik, bevestig dié standpunt.
Luidens SSA se statistieke het duisende mense hul werk tussen die eerste en tweede kwartaal van vanjaar verloor.
Dit sluit in:
· 15 000 minder mense werk in vervaardiging,
· 14 000 minder in die finansiële sektor,
· 10 000 minder in die handel, en
· 9 000 minder in konstruksie.
Minimum loon
Morajane waarsku dat die nuwe jurisdiksie wat die KVBA het om dispute oor die nasionale minimum loon te behartig, gaan na verwagting die aantal klagtes wat hy moet hanteer, met 25% verhoog.
Werkers word nou toegelaat om ’n saak by die KVBA te registreer indien hulle nié die minimum loon betaal word nie.
Die KVBA het ook nou jurisdiksie om klagtes wat verband hou met die Wet op Basiese Diensvoorwaardes te behartig.
Finansies
Die KVBA word ten volle deur die staat gefinansier.
In die jaar tot einde Maart 2019 het hy R966 miljoen van die tesourie ontvang. Dit is 11% meer as die vorige jaar.
Morajane sê dié groter bedrag is veral om die KVBA in staat te stel om verwysings te hanteer wat betref die nuwe minimum loon.
Die groter aantal sake wat na die KVBA verwys is, het ’n groot invloed op sy uitgawes gehad.
Uitgawes het met 25% van R332 miljoen tot R414 miljoen gestyg net om bykomende kommissarisse en vertalers aan te stel.
Die KVBA waarsku in die toekoms gaan hy finansieel al hoe meer onder druk kom, bloot vanweë die toename in die aantal sake wat hy moet behartig.
Die KVBA se jaarverslag is reeds op 2 September aan die parlement voorgelê, waar dit aanvaar is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie