SA: Hotelle se inkomste daal, woonwaparke s'n styg
SA: Hotelle se inkomste daal, woonwaparke s'n styg

SA: Hotelle se inkomste daal, woonwaparke s'n styg

Die toerismebedryf in die buurland se inkomste het in Desember gestyg, maar dit was weens hoër pryse eerder as groter verkope.
William Horne – As jy een van die weiniges was wat wel vir vakansie weggegaan het oor Desember, het jy waarskynlik die hoër pryse vir verblyf aan jou sak gevoel.

Die toerismebedryf in die buurland se inkomste het in Desember gestyg vergeleke met die vorige Desember, maar dit was weens hoër pryse eerder as groter verkope.

Volgens die jongste toerismeverblyfsyfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die totale toerismeverblyfsektor se inkomste in Desember – dus benewens verblyf ook ingesluit kos-, drank- en ander verwante verkope – met 2,1% op ’n jaargrondslag gestyg.

Die inkomste van slegs verblyf het met 1,2% gestyg, maar dit is vanweë die 1,1%-styging in die prys per eenheid. Daar was geen groei in die aantal verblyfeenhede wat beset is in Desember teenoor 2018 nie.

Woonwaparke het wel die grootste verbetering in inkomste aangeteken met groei van 13,5% op ’n jaargrondslag.

Gasteplase en -huise het hul agteruitgang voortgesit en hul inkomste het met 2,4% gekrimp, terwyl hotelle ook aanhou agteruitboer. Hul inkomste het in Desember vir die derde opeenvolgende maand gedaal.

Hotelle sukkel in die algemeen al geruime tyd met dalende inkomste weens toenemende mededinging, en hul inkomste het in Desember met 1,6% gedaal teenoor 2018.

Hotelle bly egter die grootste kategorie van die toerismeverblyfsektor, en sy agteruitgang het dus die meeste bygedra tot die maand se syfers.

Die tweede grootste kategorie is sogenaamde “ander akkommodasie”, wat dienste soos Airbnb in sluit.

Dié kategorie se inkomste het in die vierde kwartaal met 10,4% gegroei en het dus 29 keer meer bygedra tot die bedryf se inkomstegroei as woonwaparke – die enigste ander kategorie wat groei in die vierde kwartaal aangeteken het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!