SA inflasie wéér binne SARB-teiken
Francois Williams
Junie se verbruikersprysinflasie is 5,1%, het Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak.
Van Mei tot Junie het pryse met 0,2% gestyg. Die pryse van klere en skoene, restaurante en hotelle asook vervoerkoste is die groot bydraers tot die laer inflasiekoers, volgens Pali Lehohla, statistikus-generaal.
Die pryse van klere en skoene het van 0,2 persentasiepunt in Mei tot 0,1 persentasiepunt gedaal. Vervoerkoste het van 0,8 persentasiepunt in Mei tot 0,5 persentasiepunt afgeneem. Restaurante en hotelle se bydrae tot die inflasiesyfer het ook gedaal van 0,2 persentasiepunt in Mei tot 0,1 persentasiepunt in Junie.
Wat provinsies betref het gemiddelde pryse in die Wes-Kaap met 6% gestyg teenoor 'n jaar gelede, teenoor die Noord-Kaap waar pryse net 3,7% hoër is as in Junie 2016.
Dit is die derde agtereenvolgende maand vanjaar dat inflasie binne die Reserwebank se teiken van 3% tot 6% is. Inflasie het in April vir die eerste keer sedert Desember 2015 tot onder die boonste 6%-perk gedaal.
Wat kosinflasie betref is vleis steeds 13% duurder as 'n jaar gelede en suikerprodukte is tot 17,4% duurder. Groentepryse is wel 1% laer en olies en vette is 1,7% laer.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie