SA: Jy voel dalk armer, maar jy is eintlik ryker
Elvira Wood – Selfs al sukkel Suid-Afrikaners om hul begrotings te laat klop, het hul welvaart in die eerste helfte van vanjaar toegeneem.
Momentum en Unisa se Welvaartindeks vir die eerste ses maande van 2019 wys dat die waarde van Suid-Afrikaners se bates met meer as hul uitstaande skuld toegeneem het.
Die jongste Welvaartindeks is Donderdag bekend gemaak.
Die reële waarde van Suid-Afrikaners se netto welvaart word bereken deur die waarde van hul laste van die waarde van hul bates af te trek.
Luidens die meegaande verslag bestaan mense se bates hoofsaaklik uit hul spaargeld in aftree-instrumente, beleggings en wooneiendom, terwyl hul laste hul uitstaande krediet- en ander skuld behels.
Die verslag is saamgestel deur Johann van Tonder, ekonoom van Momentum, prof. Carel van Aardt van Unisa se Buro vir Marknavorsing en prof. Bernadene de Clercq van Unisa se departement van belasting.
Die goeie nuus is dat huishoudings se netto welvaart in die eerste ses maande van 2019 met 4,4% toegeneem het teenoor die voorafgaande ses maande.
Die totale netto welvaart van Suid-Afrikaanse huishoudings beloop nou R7 205,1 miljard.
Hul reële besteebare inkomste het egter met net 0,8% gestyg, “wat Suid-Afrikaners laat voel asof hulle armer is”.
Momentum en Unisa raam dat huishoudings se netto welvaart toegeneem het tot 276,2% van hul bruto inkomste (inkomste voor aftrekkings). Dit is egter laer as die 281,2% ’n jaar tevore.
So neem waarde van laste toe
Huishoudings se skuld het in die tweede kwartaal van 2019 met 1% tot R1 418,7 miljard gestyg teenoor die eerste kwartaal. Veral uitstaande skuld op kredietkaarte het in die tweede kwartaal toegeneem.
Skuld op kredietkaarte verteenwoordig nou 7,2% van laste. Dit is ’n styging van 2,5 persentasiepunte.
Huisverbande verteenwoordig nou 58,5% van huishoudings se skuld, terwyl persoonlike lenings 14,4% van laste verteenwoordig.
Hoewel die verslag wys Suid-Afrikaners skuld nou 2,5% minder aan munisipaliteite, is dit nie omdat hulle hul skuld betaal het nie, maar omdat die munisipaliteite slegte skuld afgeskryf het.
So styg waarde van bates
Die waarde van huishoudings se bates het met 1,3% tot altesame R8 623 miljard gestyg.
Dié groei kan toegeskryf word aan die beter prestasie van finansiële bates soos pensioenfondse en ander beleggings. Groei in die waarde van woonhuise was egter onder druk.
Huishoudings het in die tweede kwartaal van 2019 2,4% meer tot pensioenfondse en ander beleggings bygedra as in die eerste kwartaal.
Die JSE se goeie prestasie in die tweede kwartaal het ook bygedra tot die groei in batewaardes.
Vooruitsig
Hoewel die verslag tans nog goeie nuus vir Suid-Afrikaners het, voorsien die navorsers dat dié prentjie binnekort kan verander.
Hulle verwag huishoudings se welvaart gaan in die derde kwartaal afneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie