SA kan sy kennis oor windkrag uitvoer
Volgens 'n kenner is daar nie 'n tekort aan finansies om in groenkrag te belê nie.
Francois Williams
Suid-Afrika kan sy ervaring met windkrag uitvoer na die res van Afrika, sê Ben Backwell, uitvoerende hoof van die Global Wind Energy Council (Gwec).
In antwoord op opmerkings van Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, op die Windaba-konferensie, het Backwell vertel hoe steenkool in Brittanje bykans uitgefaseer is.
Hy het grootgeword in Sussex naby 'n groot steenkoolkragstasie. Wat as kind 'n groot indruk op hom gemaak het, is toe 12 steenkoolwerkers tydens 'n groot staking by die kragstasie gestry het oor wie op watter bank in sy ouers se sitkamer moet slaap.
Vandag bestaan die steenkoolkragstasie nie meer nie en is dit vervang met 'n aflandige windplaas en 'n klein gaskragstasie wat die hele Sussex van krag verskaf.
En dit het gebeur in 'n groot nywerheidsland soos Brittanje.
“Ons kinders sal ons kwalik neem as ons niks doen aan klimaatsverandering nie,” sê Backwell oor die noodsaak om fossielbrandstowwe uit te faseer en na laekoolstof-energiebronne oor te skakel.
Backwell het verduidelik dit is nie meer 'n kwessie van tegnologie nie, en daar is nie 'n tekort aan finansies om in groenkrag te belê nie.
Dit kom nadat Mantashe gesê het die groenkragbedryf is maar 'n klein subsektor van 'n sektor van die ekonomie en moenie net kla oor alles nie. Backwell het wel met Mantashe saamgestem dat die vrye mark die beste manier is om hulpbronne doeltreffend te verdeel.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie