SA kan werke skep, óf verloor, deur robotte
William Horne – As Suid-Afrika outomatisering en tegnologie aangryp, kan die land miljoene werke skep.
Dit is luidens die konsultasiefirma McKinsey & Company se jongste verslag, “The Future of Work in South Africa: Digitisation, Productivity and Job Creation”, wat Donderdag bekend gestel is en waarvolgens Suid-Afrika 1,2 miljoen werke teen 2030 kan skep.
Nomfanelo Magwentshu van die firma se Johannesburg-kantoor en medeskrywer van die verslag, sê hoewel outomatisering en digitalisering ’n gevaar inhou en tot werkverliese gaan lei, het hul navorsing getoon dat dit aan die einde van die dag weer werk kan skep.
Die voordele wat dit vir die land inhou, is ’n verdriedubbeling in die produktiwiteitsgroeikoers, ’n verdubbeling in die per capita-inkomste en ’n ekstra persentasiepunt se reële ekonomiese groei oor die volgende tien jaar.
Luidens die verslag sal werkers aanvanklik met masjiene vervang word en na raming kan 3,3 miljoen werke verlore gaan.
As Suid-Afrika hierdie tegnologie egter aangryp en verseker dat daar meer hoogs opgeleide werkers met tersiêre kwalifikasies is, sal dit beslis vrugte afwerp.
Na raming sal die vraag na werkers met tersiêre kwalifikasies teen 2030 met 1,7 miljoen toeneem.
Doen die land dit nie, sal hy nie kan meeding in ’n hoogs geoutomatiseerde wêreld nie.
Nuwetegnologie-werkgeleenthede vereis ’n hoër vlak van vaardigheid en die toepassing van kundigheid en moet goed bestuur word.
“Maatskappye moet daarop let dat die vervanging van werknemers weens outomatisering en tegnologie doeltreffend bestuur moet word anders kan dit tot ’n beduidende toename in werkloosheid lei,” sê Agesan Rajagopaul, nog ’n medeskrywer van die verslag.
“Suid-Afrikaanse ondernemings sal in so ’n geval swaar getref word deur ’n verlangsaming in verbruikersvraag en ’n tekort aan kritieke vaardighede.
“Suid-Afrika moet die geleenthede wat tegnologie bied, aangryp, die risiko’s bestuur en seker maak dat die winste verdeel word.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie