SA 'klein speler' in konflik
'n Kenner van internasionale politiek meen Suid-Afrika kan nie die bemiddelaarsrol speel nie.
Suid-Afrika se besluit om sy ambassadeur aan Israel te onttrek, is soos 'n hond wat grom, maar nie tande het om mee te byt nie.
Só sê prof. Antoni van Nieuwkerk, 'n kenner van internasionale politiek aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.
Hy sê Suid-Afrika is in die soeke na 'n oplossing tussen Israel en die Palestyne “ 'n baie klein speler met min invloed in 'n groot konflik”.
Van Nieuwkerk het gereageer nadat Suid-Afrika Maandag sy ambassadeur in Israel, Sisa Ngombane, summier tot verdere kennisgewing teruggeroep het.
Dit was uit protes teen die optrede van die Israelse magte wat toegeslaan het op Palestyne wat betoog het teen die opening van die nuwe Amerikaanse ambassade in Jerusalem.
In dié voorval is sowat 60 mense dood en 2 400 beseer. Terwyl duisende Palestyne roudienste gehou het, het Israelse magte Dinsdag nóg twee mense doodgeskiet.
Van Nieuwkerk sê hy glo die Suid-Afrikaanse regering het die stap om die ambassadeur te herroep gedoen omdat daar groot steun in Suid-Afrika vir die onafhanklikheidstryd van die Palestyne is.
“Dié groep wat die Palestyne ondersteun, is luidrugtig en het die oor van die regering.”
BUITELANDSE BELEID
Omdat die ANC se buitelandse beleid voorsiening maak vir die ondersteuning “van een van die groep (die Palestyne) in die konflik”, kan Suid-Afrika nie hier 'n bemiddelaarsrol speel nie.
“Suid-Afrika het kant gekies.”
Van Nieuwkerk sê die konflik tussen Israel en die Palestyne is 'n tameletjie. “Dit is 'n ingewikkelde, taai spul. As dié tameletjie eers op die stoof aan die kook is en jy jou voet daarin druk, gaan jy hom baie moeilik uitgetrek kry.
“Dit is vir Suid-Afrika baie beter om uit dié konflik te bly omdat hy onder sy nuwe president (Cyril Ramaphosa) sy buitelandse beleid moet herformuleer.”
Van Nieuwkerk sê die groot vraag nou is of 'n alliansie van vennote – soos dié lande wat die Palestyne in die verlede ondersteun het en die “progressiewe stemme” in die internasionale gemeenskap – aan pres. Donald Trump van die VSA en Israel probleme gaan besorg.
“Dit is nie uitgesluit nie omdat dit 'n verreikende stap was om die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif en Jerusalem tot die hoofstad van Israel te verklaar.
“Trump moes geweet het daar sal groot teenkanting en selfs konflik hieroor wees,” sê Van Nieuwkerk.
Suid-Afrika sal hom skaar by lande soos Kuba, Iran en Venezuela wat aan die Beweging van Onverbonde-lande behoort.
“Daar is onder meer ook groepe lande en organisasies soos die Europese Unie wat baie bekommerd is oor die moontlikheid van grootskaalse konflik in die Midde-Ooste.
Vir Christene, Jode en Moslems is Jerusalem 'n heilige stad van beduidende godsdienstige belang.
Lindiwe Sisulu, Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Mark Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, Maandagaand in 'n telefoongesprek probeer oorreed om die verskuiwing van die ambassade uit te stel.
“Hy het gesê ongelukkig is dit te laat daarvoor – die koeël is deur die kerk,” sê sy.
Sisulu sê die Israeli's het die reg om hulself te beskerm, maar nie met die dodelike maatreëls wat Maandag gebruik is nie. Suid-Afrika veroordeel daarom hul optrede “saam met die res van die wêreld.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie