SA kok maak melktert vir Charles en Diana
Hendrik Hancke - Die nederige melktert is toe al die tyd koningskos.
Dit het Carolyn Robb, ’n Suid-Afrikaans gebore Britse kok, aan die wêreld bewys.
Robb was 11 jaar lank die prins van Wallis en sy gesin se persoonlike kok.
Op ’n vraag van die webblad Channel24 of sy ooit enige eg Suid-Afrikaanse geregte aan die lede van die koningshuis voorgesit het, was haar antwoord verrassend: "Ja, melktert."
Hoe het ’n Suid-Afrikaner ’n koninklike kok geword?
“Ek was baie gelukkig. Danksy my ouers se vrygewigheid kon ek ’n briljante kookskool in Surrey (net buite Londen) bywoon,” het Robb aan Channel24 gesê.
Haar eerste pos was by die hertog en hertogin van Gloucester.
“Dit was ongelooflik en hulle is ’n wonderlike gesin,” het sy gesê.
Twee jaar later, in 1989, het die prins en prinses van Wallis haar gevra om vir hulle te kom werk.
Sy was toe 23 jaar oud.
“Die volgende 11 jaar het ek baie hard gewerk, maar dit was ook baie opwindend en ’n reusevoorreg,” het sy gesê.
“Ek was gek oor die amptelike staatsreise na die buiteland. Ons het al die uithoeke van die wêreld besoek. Nepal, Brasilië, Trinidad, Jordanië en nog talle ander.”
Die Windsors was veral lief vir Italiaanse kos, maar sy het ook af en toe vir hulle melktert gemaak, het sy gesê.
Robb maak binnekort haar verskyning op Suid-Afrikaanse TV-skerms wanneer sy in drie episodes van ITV Choice se nuwe reeks, Royal Recipes, te sien gaan wees.
Die episodes se temas is troues, verjaardae en koninklike gades.
“Vir die trouepisode het ek die sjokoladebeskuitjiekoek gemaak wat prins William as kind só geniet het dat dit later op sy troue die bruidegomskoek was,” het Robb gesê.
In die verjaardagepisode het sy ’n hoendergereg en roomys voorgesit.
“Vir die koninklike gades-episode het ek ’n eiervruggereg gemaak wat ek altyd vir prinses Diana gemaak het,” het Robb vertel. - Netwerk24
Kyk Royal Recipes Maandae tot Vrydae om 19:10 op ITV Choice (DStv-kanaal 123).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie