SA koop minder, dog duurder slimfone
SA koop minder, dog duurder slimfone

SA koop minder, dog duurder slimfone

Petrus Malherbe – Is die dae van goedkoper slimfone dalk getel?

In die drie maande tot einde Maart het Suid-Afrikaners eerder uitgehaal en gewys deur duurder slimfone aan te skaf as die goedkoper modelle wat die norm was, het navorsing van GfK bevind.

Slimfoonverkope is in geheel 7% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Terselfdertyd is die gemiddelde verkoopprys van slimfone 11% hoër, wat beteken Suid-Afrikaners koop minder, maar duurder toestelle.

Plaaslik is minder as 3 miljoen slimfone in die tydperk onder oorsig van die hand gesit, sê Kali Moahloli, hoof vir marknavorsing by Gfk.

“Hoewel die verkope afgeneem het, dryf die migrasie na duurder toestelle met meer gevorderde funksies die groei in die bedryf.”

Die totale markwaarde van die bedryf beloop nou sowat R8,6 miljard, 3% hoër as verlede jaar.

Slimfone is steeds Suid-Afrikaners se primêre toegangspunt tot die internet. Dit kan veral gesien word in die enorme hoeveelheid geld wat diensverskaffers uit die verkoop van data verdien.

Vodacom is die markleier wat dataverkope betref en verdien sowat R2 miljard per maand daaruit. Sy inkomste uit data verteenwoordig reeds 44% van sy totale bedryfsinkomste. By Telkom beloop dit 14%.

Duurder slimfone, soos die Samsung Galaxy S10, Huawei se P30-reeks of die jongste iPhone, bied ’n beter ervaring vir verbruikers wat graag aanlyn speletjies speel en stromingsdienste soos Netflix en Showmax gebruik. Danksy beter fone kan al hierdie dienste op een toestel geniet word.

Die verkope van tabletrekenaars hou aan om te daal, met ’n afname van 22% in die eerste kwartaal.

Die verkope van platskermtelevisies is weer hoër met meer as 275 000 eenhede wat in die tydperk van die hand gesit is. Dit is bykans 6% meer as ’n jaar gelede.

Die pryse van dié toestelle styg ook aansienlik, wat die markwaarde van die bedryf van platskermtelevisies plaaslik met meer as 9% laat styg het. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!