SA kry 1ste veeldoelige iStore
SA kry 1ste veeldoelige iStore

SA kry 1ste veeldoelige iStore

Petrus Malherbe – Suid-Afrika se eerste vlagskip-iStore open aanstaande maand sy deure in Kaapstad.

Volgens ’n verklaring sal dié iStore, die grootste in die land, ’n “verfrissende voorkoms” hê met ’n afsonderlike ruimte waar Apple-entoesiaste werksessies en ander voorleggings kan bywoon. Daar sal selfs ruimte vir musiekkonserte wees.

iStore is ’n afsonderlike maatskappy, wat deel van die Core Group is. Dit is glad nie geaffilieer met die Amerikaanse maatskappy Apple nie, maar hanteer die plaaslike bemarking en verkope van sy produkte.

Die massiewe iStore in die Canal Walk-winkelsentrum gaan op 17 Augustus sy deure oopmaak.

Die nuwe winkel gaan drie keer groter as die vorige iStore in dié sentrum wees. Afgesien van die verkoopsarea sal daar ook ’n ontspanningsarea wees waar klante die produkte kan uittoets.

In die winkel sal ook ’n verskeidenheid Apple-toestelle herstel kan word terwyl gebruikers daarvoor wag. Dit sal nie meer nodig wees om vooraf ’n afspraak te maak nie, sê iStore.

Die gebruik in Amerika is reeds dat Apple-winkels veelvuldige funksies verrig en nie net ’n plek is waar nuwe toestelle gekoop word nie.

As deel van die bekendstelling van die nuwe iStore gaan verskeie kunstenaars daar optree en die Kaapse radiostasie KFM sal regstreeks vanuit die winkel uitsaai.

Daar is tans 22 iStores in Suid-Afrika, die enigste land in Afrika waar ’n aangewese Apple-winkel is.

Volgens die winkelgroep is sy massiewe winkel in Canal Walk maar net die eerste van vele “vlagskipwinkels” wat gaan volg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!