SA kry sy vyfde aandelebeurs
Nellie Brand-Jonker - Nog ’n lisensie vir ’n aandelebeurs is deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD) goedgekeur.
Die RFD sê in ’n verklaring Equity Express Securities Exchange (EESE) het ’n beurslisensie gekry.
Dit is die vierde beurslisensie wat die afgelope jaar deur die RFD goedgekeur is.
Voorheen het die JSE ’n monopolie in Suid-Afrika gehad omdat hy die enigste beurslisensie gehad het.
Die ander wat reeds die afgelope jaar goedkeuring gekry het, is ZAR X, 4 Africa Exchange en A2X.
Ingevolge art. 9(1) van die Wet op Finansiële Markte van 2012 kan die registrateur van sekuriteitedienste ná oorweging van enige teenkanting ’n lisensie toestaan.
Die lisensie aan Equity Express is onder sekere voorwaardes toegestaan.
Anthony Wilmot is die uitvoerende hoof en Flynne Robson is die voorsitter van Equity Express.
Equity Express het jare lank ’n groot aanlyn platform aan ongenoteerde maatskappye verskaf waar hul aandele oor die toonbank verhandel kon word.
Die RFD het egter op dié platforms begin toeslaan.
In ’n stadium is tien maatskappye se aandele op Equity Express se platform verhandel.
’n Voormalige werknemer van hom het ZAR X begin.
ZAR X en 4AX se potensiële kliënte is aandeleskemas wat voorheen self oor die toonbank verhandel het. Dit sluit ook verskeie bekende swartbemagtigingskemas in.
Die Wet op Finansiële Markte maak sulke platforms onwettig, maar dit het bly voortbestaan danksy tydelike kwytskelding deur die Raad op Finansiële Dienste (RFD).
ZAR X wou reeds van Equity Express se klante opraap, het Rapport verlede jaar berig. – Netwerk24
Kassie:
Hulle het reeds lisensies gekry:
April 2017: A2X
Augustus 2016: ZARX
Augustus 2016: 4 Africa Exchange (4AX)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie