SA leen rekordbedrag op effektemarkte in Europa
Dit is die eerste keer sedert Mei 2018 dat Suid-Afrika effekte op die Europese markte uitreik.
William Horne – Die Suid-Afrikaanse regering het Maandag sy grootste uitreiking van staatseffekte tot nog toe op die Europese effektemarkte gedoen toe hy altesaam $5 miljard ingesamel het.
Dit is die eerste keer sedert Mei 2018 dat Suid-Afrika effekte op die Europese markte uitreik, maar ook ’n beduidende verskuiwing in strategie vir ’n regering wat gewoonlik hoofsaaklik randgedenomineerde effekte uitreik.
Die dollar-gedenomineerde staatseffekte is in twee dele uitgereik – $2 miljard is tien-jaar-effekte teen ’n koeponkoers van 4,85% en $3 miljard is 30-jaar-staatseffekte teen ’n koeponkoers van 5,75%.
Europese beleggers sukkel om opbrengste van meer as ’n paar persent te kry in ’n mark wat al jare met 0%- of selfs negatiewe rentekoerse worstel.
Suid-Afrika se jongste uitgereikte staatseffekte het gemiddeld ’n opbrengs van meer as 3 persentasiepunte hoër as die mees mededingende staatseffekte van Amerika.
Maandag se aanbod van Suid-Afrika was 2,71 keer oorvolskryf.
Die tesourie het Dinsdag gesê hy beskou dié vraag na sy effekte in Europa as ’n “teken van beleggersvertroue in die land se goeie makro-ekonomiese beleidsraamwerk en omsigtige fiskale bestuur”.
‘Winskopie’
Die gemiddelde opbrengs op Suid-Afrika se dollar-gedenomineerde staatseffekte het van die begin van die jaar tot begin September met 163 basispunte gedaal tot 4,7%, volgens JPMorgan Chase & Co. se indekse, berig Bloomberg.
Sedertdien het dit tot 4,98% gestyg weens kommer oor die finansiële las van staatsondernemings soos Eskom.
Met die hoë koeponkoerse op Maandag se veiling verkoop Suid-Afrika eintlik sy staatseffekte teen ’n winskopie, meen Trieu Pham, ’n strateeg van die ING Groep in Londen, wat voor die uitreiking Maandag met Bloomberg gepraat het.
“Oor die afgelope paar weke het Suid-Afrikaanse buitelandse staatseffekte onderpresteer teenoor sy eweknieë, so die afslag behoort genoeg belangstelling te wek om op te maak vir die toenemende kommer oor (Suid-Afrika se) fiskale posisie,” meen Pham.
Die oorvolskrywing van 2,71 keer is relatief gesproke ook nie so groot nie.
In Julie was die gemiddelde dekkingsverhouding vir rand-gedenomineerde staatseffekte op die tesourie se weeklikse veilings 3,6.
Vraag na dié effekte het in Augustus begin daal toe die regering die uitreiking van staatseffekte met R1,5 miljard per week versnel het, hoofsaaklik om reddingsboeie aan beleërde staatsondernemings te kan gee.
Die tesourie sê in sy verklaring Dinsdag die $5 miljard se effekte wat Maandag uitgereik is, behels drie dele:
· $2 miljard vir vanjaar se begrootte buitelandse skuld;
· $2 miljard vir buitelandse skuld waarvoor daar verlede jaar begroot is maar wat nooit aangegaan is nie; en
· ’n Bykomende $1 miljard is vooruitverkoop terwyl die vraag na die effekte gunstig is.
Die Centre for Development and Enterprise (CDE) in Johannesburg het verlede maand gesê solank Suid-Afrika nie meer skuld in buitelandse geldeenhede aangaan nie, sal die kolossale toename in staatskuld minstens nie tot ’n fiskale afgrond lei nie. Dit is omdat die risiko van wanbetaling beperk is solank die oorhoofse meerderheid van die staat se skuld in rand gedenomineer bly.
Suid-Afrika se staatskuld beloop tans sowat R3 000 miljard en dobber by sowat 60% van die bruto binnelandse produk.
Die groeiende skuld in buitelandse geldeenhede bied dus rede tot kommer op grond van CDE se ontleding. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie