SA lig uitvoerbeperking op mediese produkte na Namibiu00eb
SA lig uitvoerbeperking op mediese produkte na Namibiu00eb

SA lig uitvoerbeperking op mediese produkte na Namibië

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Suid-Afrika het die uitvoerbeperkings op noodsaaklike produkte en medikasie in die Covid-19-stryd wat hy op 27 Maart afgekondig het, ná hoëvlak diplomatieke onderhandelinge gelig.
Dit is pas deur dr. Bernhard Haufiku, nasionale koördineerder van die Covid-19-taakspan, aan Republikein bevestig.
Die produkte waarop ‘n beperking geplaas is, sluit handreinigers, gesigmaskers, suurstofmaskers en hidroksichlorokien in. Laasgenoemde is ‘n malariateenmiddel wat gebruik kan word om Covid-19-pasiënte wat baie ernstig siek is, mee te behandel.
Volgens Haufiku het me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekking en samewerking, bilaterale samesprekings, oor die kwessie met Suid-Afrika gevoer.
“Namibië is nou uitgesluit van hierdie uitvoerbeperkings. Ons kan aandui wat dit is wat ons nodig het, en dit (die uitvoerpermit) sal goedgekeur word,” het hy gesê.
Lees die volledige berig môre in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!