SA maatskappy wen tender vir stembriewe
Ogone Tlhage – 'n Suid-Afrikaanse maatskappy het die kontrak losgeslaan om die stembriewe te druk vir die komende streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings later vandeesmaand.
Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, het dié verwikkeling by navraag bevestig.
Vyf maatskappye – waaronder twee Namibiese maatskappye – het om die tender meegeding.
Die ander drie is Suid-Afrikaanse maatskappye, het Mujoro aan Namibian Sun se aanlyn program, Evening Review, gesê.
Die suksesvolle bieër is Uniprint Forms wat N$1,8 miljoen uit die tender sal verdien.
Die ander mededingers was Ebbrie Genesis, wie se bod N$1 miljoen beloop het, Schoemans Technology en Gibson Security Printing (N$2,6 miljoen), Ren-Form (N$3,9 miljoen) en Solitaire Press (N$4,2 miljoen).
Volgens Mujoro het Unipress 'n bewese rekord en ervaring wat die druk van stembriewe in Suider- en Oos-Afrika betref.
Hiernaas is hul prys ook gunstig, sê hy.
Mujoro het gesê politieke partye, organisasies, verenigings en onafhanklike kandidate mag op eie koste die maatskappye in Durban besoek om hulle te vergewis van die sakeperseel en gehalteversekering. Sodra die gedrukte stembriewe uiteindelik in Namibië aankom, sal alle belanghebbendes weer genooi word om teenwoordig te wees wanneer die besending oopgemaak word, het Mujoro gesê.
Die hoofkiesbeampte het opnuut die versekering gegee die nasionale kiesliggaam sal gehoor gee aan die hooggeregshofuitspraak van vroeër vanjaar.
Kragtens dié uitspraak mag elektroniese stembriewe (EVM's) nét weer in 'n verkiesing ná 21 Maart 2020 gebruik word as dit vergesel word van 'n naspeurbare papierspoor. Vanweë die koste-implikasies daarvan is besluit om vanjaar by wyse van tradisionele stembriewe te stem.
Die verkiesings vind op Woensdag 25 November plaas.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie