SA meen hy wen stryd teen renosterstropers
Hy is besig om die stryd teen renosterstropers te wen en stropery in bykans al nege provinsies het afgeneem, sê die die departement van omgewingsake.
Heelwat meer stropers is ook sedert begin vanjaar in hegtenis geneem.
Tydens Operasie Rhino 9 is 13 smokkelaars, vyf Chinese burgers en agt Suid-Afrikaners, deur die Valke in hegtenis geneem.
Dié smokkelaars is aangekeer terwyl hulle op pad na China, Hongkong of Viëtnam was.
Danksy die veldtog is daar beslag gelê op 60,92 kg renosterhoring wat positief verbind word met stropery in KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap.
In die Krugerwildtuin is 162 stropers reeds vanjaar aangekeer en owerhede het op 145 vuurwapens en 83 renosterhorings beslag gelê.
Die departement sê egter hy is steeds bekommerd omdat van sy personeel, asook polisie- en weermaglede, betrokke is by stropery.
Drie polisielede en ’n oudpolisielid het die week saam met lede van ’n renonsterstropingsindikaat in Hazyview op onder meer klagte van onwettige handel in renosterhoring in die hof verskyn.
Die departement sê daar is tans 530 hofsake in verband met renosterstroping op die hofrol, waarin 750 mense aangekla word en teregstaan op 1 738 klagte.
Van dié sake is 300 gereed vir verhoor.
SAMEWERKING
Luidens ’n verklaring op die departement se webblad is daar vanjaar 508 renosters gestroop, vergeleke met 691 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Die departement sê ook stropery in die Krugerwildtuin het baie afgeneem ondanks die feit dat stropers se bedrywighede in die gebied toegeneem het.
Vanjaar is hier 292 renosters gestroop, terwyl 332 verlede jaar in dieselfde tydperk geskiet is.
Verlede jaar is 1 702 voorvalle aangemeld en vanjaar 1 873. Dit lyk ook asof die stryd teen stropers in KwaZulu-Natal gewen word. Hier het die aantal renosters wat geskiet is met bykans die helfte afgeneem van 163 tot 83.
Die sukses is grootliks te danke aan die goeie samewerking tussen Ezemvelo KZN Wildlife en die polisie, sê die departement in sy verklaring.
In net twee provinsies, Mpumalanga en die Oos-Kaap, is meer renosters vanjaar geskiet as verlede jaar.
In Mpumalanga het die syfer van 31 na 38 gestyg en in die Oos-Kaap van 4 na 13. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie