SA megaboer koop Joggie-bul vir N$400 000

’n Bonsmara-bul is tydens ’n aanlyn veiling Vrydag aan ’n Suid-Afrikaner vir verkoop.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die jaarlikse Hartebeestloop Bonsmara-veiling van die bekende teler dr. Joggie Briedenhann het Vrydag bewys danksy die internet kan boere in die “nuwe normaal” ’n boerderytaak soos die aankoop van goeie genetiese materiaal, in die kuberruim beoefen.

Een van Suid-Afrika se bekendste megaboere, mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep, het die Bonsmara-bul HART17-0007 vir N$400 000 gekoop deur aanlyn daarvoor te bie.

In weerwil van die toe grens, onseker ekonomiese tye en die feit dat buitelandse kopers aanlyn moes bie, is al die bulle en verse Vrydag verkoop op dié hoogtepunt-veiling vir Bonsmara-telers.

Volgens Agra, wat die veiling op Briedenhann se spogplaas, Hartebeestloop, naby Stampriet aangebied het, is sowat 30% van die transaksies aanlyn beklink.

Die tweede duurste bul (HART 16-0266) is deur ’n Namibiese koper vir N$300 000 opgeraap. Die bod is toegeslaan op mnr. Streicher Coetzee en sy vrou Hella, eienaars van Hochfeld Bonsmaras. Mnr. Hendrik de Klerk van Gocharus Bonsmaras het die bul, HART 17-0182, vir N$260 000 gekoop.

Die gemiddelde prys vir die bulle op die veiling was N$108 000, terwyl die verse vir gemiddeld N$14 200 verkoop is, sê Agra.

Die Briedenhanns het die naweek op die Facebook-blad van Hartebeestloop Bonsmaras gesê “hulle kan nie genoeg dankie sê vir die uitkoms nie”.

“Dit was ’n ervaring wat ons nederig maak, aangesien ons vooraf met soveel struikelblokke te kampe gehad het en moet erken ons het soms (in die uitkoms) getwyfel,” sê hulle.

Serfontein, ’n voormalige Boer van die Jaar in die Vrystaat, se boerderygroep het nagenoeg 550 mense in diens en die jaarlikse omset beloop sowat R1,2 miljard.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!