• Tuisblad
  • Afrika
  • SA minister ‘weerhou’ inligting oor stropery, sê koalisie
SA minister u2018weerhouu2019 inligting oor stropery, su00ea koalisie
SA minister u2018weerhouu2019 inligting oor stropery, su00ea koalisie

SA minister ‘weerhou’ inligting oor stropery, sê koalisie

Verskeie organisasies dring nou daarop aan dat sy dringend ’n nuuskonferensie belê waarin sy die statistieke oor renosterstropery en optrede daarom bekend maak.
Elise Tempelhoff

’n Koalisie van bekommerde bewaringsorganisasies het in ’n ope brief aan Edna Molewa, minister van omgewingsake, geskryf hulle meen “baie belangrike inligting oor renosterstropery” word van hulle weerhou en hulle wil weet waarom.

Die meer as 30 organisasies sê in die brief renosterstropery is in 2014 as ’n prioriteitsmisdaad verklaar, maar die burgerlike samelewing ontvang geen inligting daaroor nie.

Boonop is renosterstropery in 2011 as ’n bedreiging vir die land se nasionale veiligheid verklaar.

Molewa het die afgelope nege maande geen inligting oor renosterstropery bekend gemaak nie, kla die organisasies.

Dít ondanks die feit dat sy in die verlede belowe het dat nuuskonferensies oor renosterstropery kwartaalliks gehou sou word. Die laaste nuuskonferensie oor dié aspek is op 25 Januarie vanjaar gehou. Hierna was daar geen kommunikasie oor dié aspek nie.

Die koalisie herinner Molewa daaraan dat sy vroeër gesê het: “Die regering is daartoe verbind om gereeld inligting oor renosterstropery deur te gee. Sonder hierdie inligting sal dit vir die media onmoontlik wees om hul noodsaaklike werk te verrig en Suid-Afrikaners ingelig te hou.”

NUUSKONFERENSIE

Die organisasies, waaronder Save Our Rhino, Humane Society International, Animal Advocacy, Beauty Without Cruelty, Wildaid en The Rhino Rescue Project dring nou daarop aan dat sy dringend ’n nuuskonferensie belê waarin sy die statistieke oor renosterstropery en optrede daarom bekend maak.

Hulle is nie tevrede met verklarings wat daaroor uitgereik word nie, omdat daar nie voldoende geleentheid is om vrae te vra en debat te voer nie.

Loraine Liebenberg, woordvoerder van Save Our Rhino, het Dinsdag gesê nie-regeringsorganisasies verlang dringend inligting oor verskeie aspekte wat met renosterstropery verband hou sodat hulle voorleggings kan voorberei vir die Cites-konferensie (konvensie oor die handel in bedreigde spesies) wat aanstaande jaar in Colombo, Sri Lanka, gehou word.

Liebenberg het gesê die koalisie het geen reaksie van die departement van omgewingsake gekry nie nadat hulle dié brief aan Molewa gestuur het. “Ons het besluit om die kwessie nou na die portefeuljekomitee oor omgewingsake te neem sodat dit onder die parlement se aandag gebring kan word.”

Sy het gesê lede van die koalisie raak nou “desperaat” oor Suid-Afrika se renosters omdat die stropery net voortduur. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!