'SA moet positief na grondonteiening kyk’
Die Suid-Afrikaanse staatshoof het in Windhoek gesê grond sal nie in die buurland onteien word ten koste van ekonomiese groei nie.
Politieke redaksie - Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa sê dié land se regering gaan voort met sy plan om grond sonder vergoeding te onteien, maar sê dit sal só geskied dat ekonomiese groei plaasvind, werk geskep word en landbouproduksie nie geraak word nie.
Ramaphosa, wat laat Vrydagmiddag vir ’n blitsbesoek in Namibië aangekom het, het ná sy tête-á-tête met pres. Hage Geingob aan joernaliste gesê sy regering sal seker maak die land se ekonomie word nie deur dié grondhervormingsplan negatief geraak nie, berig Nampa.
Die besoek die naweek aan Angola, Namibië en Botswana was Ramaphosa se eerste buitelandse reis sedert hy verlede maand as die buurland se vyfde demokrasie president ingehuldig is.
Geingob het hom hiermee gelukgewens en gesê Namibië het die afgelope weke se verwikkelinge in Suid-Afrika met groot belangstelling gevolg.
Joernaliste het egter nie Vrydagaand gras onder hul voete laat groei nie en het Ramaphosa uitgevra oor die Suid-Afrikaanse parlement se aanvaarding van die mosie vir grondonteiening sonder vergoeding wat deur die Economic Freedom Fighters (EFF) ingedien is.
Ramaphosa het gesê Suid-Afrika sal seker maak daar is ’n toename in landbouproduksie en voedselsekuriteit.
Om dit te bereik, moet Suid-Afrikaners en beleggers in ’n positiewe lig na die onteiening van grond sonder vergoeding kyk, was sy woorde.
“Ons benader dit deur positief daarna te kyk. Ons moet die vrees en paniek in die harte van sekere van die mense in ons land wegneem en vir hulle sê ons gaan hierdie kwessie baie verantwoordelik hanteer.”
Ramaphosa het gesê Suid-Afrika sal voortgaan om seker te maak die mense van sy land kry grond op só ’n wyse dat dit deel van die pad na ekonomiese groei uitmaak.
“Onteiening mag nooit lei tot negatiewe ekonomiese groei nie, want dit sal beteken ons benader dit nie reg nie.”
Hy het verder daarop gewys die kwessie is al in Desember tydens die ANC se 54ste konferensie bespreek.
“Die resolusie wat aanvaar is, sê om grondhervorming te bewerkstellig, moet ons in staat wees om grond sonder vergoeding te onteien.”
HANDELSVENNOTE
Geingob het in sy gesprek met sy ampsgenoot gesê Suid-Afrika is Namibië se grootste handelsvennoot, met handelsverkeer van N$64,1 miljard tussen dié twee lande in 2017.
Namibië se beleggingsportefeulje en blootstelling in Suid-Afrika het verlede jaar op N$82 miljard gestaan. Hiervan is N$34,6 miljard in aandele-effekte belê, N$33,3 miljard in skuldeffekte en N$14,1 miljard in ander bate-instrumente soos effektetrusts en eiendom, het hy gesê.
“Ons sal terugkeer en gesprekke voer oor ernstige sake soos die ekonomie, handel, kulturele bande en politieke verhoudings, en osn sal kwessies bespreek wat gemik is op die ontwikkeling van ons twee lande, om ons ekonomieë te groei en sodat ons die regte ding doen om ons lande vorentoe te neem,” het Ramaphosa gesê. – Eie berig, Nampa en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie