• Tuisblad
  • Sake
  • SA ‘móét elektriese voertuie begin vervaardig’
SA u2018mu00f3u00e9t elektriese voertuie begin vervaardigu2019
SA u2018mu00f3u00e9t elektriese voertuie begin vervaardigu2019

SA ‘móét elektriese voertuie begin vervaardig’

Bloomberg – Motorvervaardigers waaronder Nissan, Volkswagen en BMW probeer die Suid-Afrikaanse regering oortuig van die noodsaaklikheid dat elektriese voertuie in die land vervaardig moet word sodat die bedryf nie agter raak nie.

Die motorbedryf wil teen die einde van die jaar ’n verenigde standpunt aan die regering voorlê, sê Mike Mabasa, uitvoerende hoof van die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa).

Hulle wil onder meer die regering oortuig om die 23%-invoertarief op elektriese motors te skrap om die plaaslike vraag na dié voertuie te stimuleer.

Nog ’n doelwit is om herlaaier-infrastruktuur vir elektriese voertuie op te rig sodat mense meer opsies het as om net tuis hul voertuie te herlaai.

In die lig van Eskom se probleme sal die bedryf waarskynlik in sy voorlegging aan die regering voorstel dat ’n mengsel van kragbronne vir sulke infrastruktuur ingespan word om ook hernubare kragopwekkingsbronne in private besit in te sluit.

Meer as die helfte van alle voertuie wat plaaslik vervaardig word, word uitgevoer. En te midde van ’n tam binnelandse mark vir nuwevoertuigverkope, styg die verkope van uitgevoerde motors voortdurend.

Kragtens die nuwe vervaardigingsplan vir die bedryf moet voertuigvervaardigers hul produksie verdubbel tot soveel as 1,4 miljoen voertuie teen 2035, en dit is nie moontlik as hulle nie ook elektriese voertuie vervaardig nie, sê Mabasa.

Die vervaardiging van elektriese voertuie in Suid-Afrika sal nie deur die Suid-Afrikaanse gebruiker bepaal word nie, maar deur die vereistes van die uitvoermarkte, sê Martyn Davies, ’n motorbedryfkenner by Deloitte.

Die res van die wêreld sal baie vinnig beweeg en as ons nie spring nie, sal ons agterbly.

Mike Whitfield

Sowat 60%, of 210 000, van Suid-Afrikaanse motors wat deur sewe vervaardigers uitgevoer word, is verlede jaar na Europa uitgevoer.

Maar in Europa is vervaardigers reeds besig om hul aanlegte voor te berei om slegs elektriese voertuie te vervaardig vir ’n mark wat vinnig van fossielbrandstowwe wegbeweeg.

Suid-Afrika moet nuwe tegnologie inbring, sê Mike Whitfield, voorsitter van Nissan in Suider-Afrika. “Die res van die wêreld sal baie vinnig beweeg en as ons nie spring nie, sal ons agterbly.”

Daar is tans geen planne om elektriese of hibridiese voertuie in Suid-Afrika te vervaardig nie.

Davies sê plaaslike aanlegte van vervaardigers soos BMW, Ford en Mercedes-Benz kan redelik maklik aangepas word om elektriese voertuie te vervaardig.

BMW se i3 en i8 is twee van slegs drie modelle wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is, waarvan net 620 eenhede altesame reeds hier verkoop is. Jaguar Land Rover het die I-Pace vroeër vanjaar bekend gestel, terwyl Nissan die bekendstelling van die jongste Leaf op ys het totdat ’n ooreenkoms oor invoertariewe bereik is. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer