SA Munt gedenk Pratley Putty se maanlanding
SA Munt gedenk Pratley Putty se maanlanding

SA Munt gedenk Pratley Putty se maanlanding

Elvira Wood – Die wêreld gons behoorlik oor die 50ste herdenking van die maanlanding.

Dis egter nie net die ruimtevaarder Neil Armstrong wat homself in die geskiedenisboeke gevestig het toe hy op 20 Julie 1969 die eerste tree op die maan gegee het nie.

Pratley Putty, die bekende Suid-Afrikaanse epoksiehars-stopverf, was ook deel van die geskiedkundige gebeurtenis.

Die stopverf is op die Rover-maantuig gebruik wat op die maan geland het ter voorbereiding van Armstrong se maanlanding.

George Montague Pratley het dié stopverf in die 1960’s ontwikkel.

Die Suid-Afrikaanse Munt, wat daarvoor bekend is dat hy Suid-Afrikaanse uitvindings op versamelmunte ondersteun, beeld nou dié gebeurtenis op ’n nuwe munt uit.

Die nuwe munt vorm deel van die versameling wat die eerste hartoorplanting gedenk.

Dit bestaan uit ’n silwer R2-kroon en ’n 2,5c-tiekie.

Net soos die munt wat die hartoorplanting herdenk, pas die tiekie bo op die munt om die maanlanding uit te beeld.

Die munte word as ’n stel verkoop wat ’n klein silwer maantuigie insluit.

Die Munt gaan, net soos in die geval met die hartoorplanting munte, net 1 000 elk van die individuele krone en tiekies en 700 versamelstelle maak. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!