SA Myngroepe duik weens omstrede handves
SA Myngroepe duik weens omstrede handves

SA Myngroepe duik weens omstrede handves

Beleidsonsekerheid het beleggers in Suid-Afrikaanse mynmaatskappye die afgelope jaar duur te staan gekom.
Beleggers het volgens PwC se nuutste SA Myn-verslag R2 miljard minder aan dividende in die jaar tot einde Junie verdien as in die vorige boekjaar.

PwC reik elke jaar dié verslag uit gegrond op die jaarverslae van genoteerde mynmaatskappye wat in Suid-Afrika bedrywig is.

“Die markwaarde van mynmaatskappye was op 30 Junie vanjaar op R420 miljard 25% laer as ’n jaar gelede,” sê Sizwe Masondo van PwC se mynbou- en energiespan.

Die grootste rede vir die daling was die mark se reaksie op die nuutste weergawe van die Mynbouhandves wat Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, op 15 Junie in die Staatskoerant gepubliseer het.

“Die sektor het dringend beleidsekerheid nodig as hulle beleggers wil lok,” sê Masondo.

“Ons sien hulle het die afgelope jaar net R48 miljard se kapitaaluitgawes gehad. Dit is die laagste vlak die afgelope tien jaar.”

Die goeie nuus volgens PwC is dat myne ’n gesamentlike bruto wins van R16 miljard aangeteken teenoor die bruto verlies van R48 miljard in die vorige jaar.

Andries Rossouw, vennoot by PwC, sê benewens dat hy beleidsekerheid nodig het, moet die Suid-Afrikaanse mynbousektor gemoderniseer word as dit volhoubaar wil bly. Hoër hulpbronpryse is ook broodnodig.

“Daar ís ’n toekoms vir die sektor. Ons het fantastiese hulpbronne. Ons moet egter onthou dat mynbou ’n langtermynbelegging is.”

Platinum

“Geen maatskappy wat tans platinum ontgin, maak geld nie,” sê Sizwe Masondo van PwC se span wat op mynbou en energie fokus.

Dié sektor het volgens PwC se SA Myn 2017-verslag ’n verlies van R15 miljard in die jaar tot einde Junie gely teenoor die R44 miljard-wins die vorige jaar.

“As die platinumprys nie binnekort styg nie, gaan daar maatskappye wees wat hul bedrywighede sal moet staak.

“As daar een sektor is waaroor ons baie bekommerd is, dan is dit platinum,” sê hy. - Netwerk24

KASSIE

Grootste uitdagings vir die mynbousektor

Arbeidsverhoudinge

Wisselvallige pryse en wisselkoerse

Finansiële doelwitte

Likiditeit

Toegang tot infrastruktuur

Beleidsonsekerheid

Veiligheid en gesondheid van werknemers

Watertekort

Tekort aan vaardighede

Kuberrisiko’s

Kommentaar

Republikein 2025-01-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 29° Rundu: 20° | 27° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 21° | 29° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 22° | 29° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 20° | 29° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 19° | 23° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!