SA nie eens top vir beleggings in Afrika nie
SA nie eens top vir beleggings in Afrika nie

SA nie eens top vir beleggings in Afrika nie

William Horne



Suid-Afrika het nog verder teruggesak op Rand Merchant Bank (RMB) se ranglys vir top-Afrikalande om in te belê.

Terwyl dit in 2019 nog in die tweede plek was, staan Suid-Afrika nou derde uit 54 Afrikalande in RMB se “Where to invest in Africa”-verslag, wat Donderdag bekend gestel is.

Egipte is nr. 1 op die lys, gevolg deur Marokko. Nigerië staan op nr. 8.

RMB sê die rede hoekom Suid-­Afrika teruggesak het, is onder meer die treurige ekonomiese groei, wat waarskynlik vir 'n geruime tyd sal voortduur. Hy verwag slegs 0,6% groei in die bruto binnelandse produk vir 2020 en 1% in 2021.

Ander bydraende faktore sluit in die kragkrisis en hoe moeilik dit geword het om in die land sake te doen.

Die groot rede vir laasgenoemde is korrupsie.

Hy sien dié probleem, veral onder die land se topleiers, as rede tot kommer, wat selfs oor die ­volgende vyf jaar Suid-Afrika se plek in die topvyf lande kan bedreig.

Slegs met “wesenlike hervorming” sal Suid-Afrika in RMB se topvyf kan bly, blyk uit die verslag.

RMB verduidelik dat Suid-Afrika die gevorderdste finansiële sektor uit al die Afrikalande het en dus steeds goed presteer. Maar die land lok hoofsaaklik hoogs spekulatiewe beleggings, in plaas van regstreekse ­buitelandse beleggings, weens sy ekonomiese ­agteruitgang.

Ondanks Suid-Afrika se ­gevorderde kapitaalmarkte moet iets gedoen word om meer vaste kapitaalbeleggings te lok as die land vooruitgang wil sien, luidens RMB se verslag.



Só lyk die toptien Afrikalande vir beleggings:

1. Egipte

2. Marokko

3. Suid-Afrika

4. Kenia

5. Rwanda

6. Ghana

7. Ivoorkus

8. Nigerië

9. Ethiopië

10. Tunisië

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!