SA oop vir handel, al is daar probleme

Elvira Wood – Ondanks vrae oor beleidsekerheid en beleggersvertroue is Suid-Afrika se ekonomie steeds een van die toeganklikste ekonomieë in Afrika ten opsigte van handel.

Suid-Afrika is nommer 58 uit 157 lande op die Legatum-instituut se indeks van toeganklikheid tot handel, wat Vrydag vir die eerste keer uitgereik is.

Net een ander Afrika-land, Mauritius (41), is hoër op die indeks as Suid-Afrika.

Die instituut, wat in Londen gesetel is, sê hy wou ’n indeks opstel wat verskeie elemente meet om sodoende te kan sien hoe veranderinge in ’n land sy toeganklikheid vir handel beïnvloed.

Hy het verskeie bestaande indekse en nuwe meetinstrumente gebruik om die indeks saam te stel.

Legatum het toe ’n indeks met syfers van 2009 tot 2019 gebruik om die indeks te skep en om te sien hoe lande se toeganklikheid die afgelope tien jaar verander het.

Suid-Afrika was tien jaar gelede 47ste op die indeks. Hy het dus oor die dekade met 11 plekke teruggesak.

Luidens die verslag het Suid-Afrika die afgelope dekade op sekere gebiede baie agteruitgeboer, wat sy handelstoeganklikheid nadelig beïnvloed het.

’n Daling van 34 plekke – van 35ste op die ranglys tot 69ste – ten opsigte van die beskerming van eiendomsreg, is een voorbeeld. Die ANC se besluit in 2017 om die Grondwet te hersien ten opsigte van onteiening sonder vergoeding, was die hoofrede vir dié daling.

Hoewel Suid-Afrika in vele van die subindekse in die onderste helfte lê, is daar tog ’n paar ligpunte.

Ten opsigte van die deursigtigheid van sy begroting, lê Suid-Afrika heel bo. Die land is 12de wat betref sy beleid oor konflik van belange.

Die indeks wys Hongkong is die toeganklikste vir handel wêreldwyd. Hy word gevolg deur Singapoer (2), Nederland (3), Switserland (4) en Denemarke (5).

Brittanje is sewende en die VSA negende. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!